Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

BKO groei met meer as 35 jaar se kennis

Johan Klinck

Johan Klinck bring 37 jaar se kennis en ervaring na Bo-Karoo Opleiding (BKO) as departementshoof van Ambagte.

Na ses jaar by Denel Aviation en 31 jaar by die Motheo TVET College, in Bloemfontein, het Klinck die groot skuif na Bo-Karoo Opleiding gemaak.

“My droom vir BKO is dat ons ambagsmanne oplei wat hoog in aanvraag sal wees in die arbeidsmark,” sê Johan. Verder sien hy ook uit na die uitbou van die tegniese departement.

Johan beskryf homself as selfgemotiveerd, doelgedrewe, ’n spanspeler en toegewyd aan sy werk. Deel van sy planne vir BKO is om nuwe programme te implementeer wat nóú, asook in die toekoms, deur die arbeidsmark benodig word.

“By BKO dink ons toekomsgerig en ons is opgewonde oor die groei wat ons beleef. Ons het nog baie potensiaal en ontwikkel elke dag net verder,” sê Paul Vogel, uitvoerende hoof van BKO.

Johan het sy ambag deur Denel Aviation gedoen, waar hy as ’n radiomeganikus gekwalifiseer het. In dieselfde tyd het hy sy nasionale N-diploma by Kempton Park Tegniese Kollege verwerf, waarna hy sy hoӫr onderwys diploma deur die Universiteit van die Vrystaat gedoen het.

BKO sien uit na die groot bydrae wat Johan tot die organisasie gaan lewer.