Die Basiese Messelwerk Kortkursus het gisteraand afgeskop by BKO Technika in Orania, met 8 studente wat die uitdaging aanvaar het. Lektore Reinhardt Coetzee en Hugo Bezuidenhout het die groep deur hul eerste teoretiese sessie gelei, wat afgesluit is met ’n stene-pak aktiwiteit op Technika se stoep.
Die geleentheid is ook bygewoon deur BKO se uitvoerende hoof, Paul Vogel, en Johan Klinck, hoof van die Tegniese Departement wat die studente verwelkom en sterkte toegewens het. Paul het ook genoem dat hierdie net die begin is van praktiese kortkursusse wat by BKO Technika aangebied gaan word.
Die eerste praktiese sessie is eerskomende Saterdag en gaan elemente van terreinvoorbereiding en sementmeng insluit, tot die lê van die eerste stene!
BKO staan vir die ontwikkeling van vaardighede, selfvertroue en ’n gemeenskap van doeners.