BKO verwelkom met trots Me. Elrie van den Berg as ons nuwe Beampte vir Studentesake. Elrie het ’n sterk akademiese agtergrond en bring waardevolle ervaring in menslike hulpbronne, arbeidsverhoudinge en leer- en ontwikkelingsprosesse na BKO.
Sy het haar BCom-graad in Bedryfs- en Organisasiesielkunde, asook BCom Honneurs in Arbeidsverhoudinge aan die Noord-Wes Universiteit voltooi en in 2023 haar Diploma in Besigheidsbestuur verwerf. Haar loopbaan het haar reeds blootgestel aan verskeie sektore – van die regswese tot die korporatiewe omgewing – wat haar ’n goeie balans gee tussen administratiewe kundigheid en mensgerigte ondersteuning.
Elrie beskryf haarself met ’n knipoog as die “Pret Polisie”, en sien uit daarna om ’n positiewe, ondersteunende en motiverende ervaring vir BKO-studente te help skep. Haar fokus is op goeie kommunikasie, praktiese ondersteuning en die ontwikkeling van prosesse wat ’n verskil maak.
Met haar geduld, empatie en organisasievermoë glo sy dat sy studente gaan ondersteun en ook gaan help bou aan ’n BKO waar elke student werklik tuis voel. Elrie se droom is dat BKO die voorkeurinstelling vir Afrikaners sal wees – ’n plek waar jong mense leer en ook ’n tweede huis vind.
Welkom Elrie!