Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Landboustudente woon plaasveiligheidkursus by

Plaasveiligheid en die vaardighede wat daarmee saamgaan is deel van ons lansbougemeenskap se lewe in Suid-Afrika. Om seker te maak ons studente is ook op hierdie gebied toegerus, bied ons dit as ‘n waardetoevoegingskursus aan.

Op 16 Augustus 2023, het ons vir ons boerderybestuurstudente die geleentheid gebied om ‘n kursus by te woon, aangebied deur Leo Prinsloo, van The Edge Shooter Academy. Hierdie kursus is ‘n inisiatief wat op die been gebring is deur AfriForum se Bo-Karoo Streekstak en is ‘n jaarlikse instelling. Die tak het gehelp om die studente se kostes te befonds, omrede hulle graag wil bydra tot die ontwikkeling van ‘n veelsydige landboustudent. Tydens hierdie kursus is studente toegerus met ‘n inleiding tot basies plaasbeveiliging, identifisering van potensiële risiko’s, fisiese beveiliging, basiese vuurwapenhantering en die hantering van skietwonde.

“Ons het besef dat ons altyd paraat moet wees in ons omgewing, nie net op die plaas nie maar oral waar ons beweeg.” – Stephan Fourie