BKO is opgewonde om aan te kondig dat Narina Meiring aangestel is as Hoof: Voldoening en Gehalteversekering. Voorheen het sy as Hoof: Akademie by BKO gedien, waar sy ’n groot rol gespeel het in die akademiese bestuur van ons opleidingprogramme.
In haar nuwe posisie sal Narina die ontwikkeling van nuwe kwalifikasies koördineer in samewerking met die onderskeie departemente. Sy sal die skakeling tussen BKO en eksterne liggame hanteer, sowel as toesig hou oor voldoening, akkreditasie en eksamens, om te verseker dat BKO se hoë standaarde van gehalte konsekwent gehandhaaf word.
Ons sien uit na hierdie opwindende nuwe hoofstuk vir BKO en wens Narina alle sukses toe in haar uitdagende en belangrike rol.