Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Michelle Rust neem bykomende rol as Programkoördineerder in Departement Landbou

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is trots om aan te kondig dat Michelle Rust nou ook as Programkoordineerder vir die Boerderybestuur en Meganisasie Diploma-kursus sal optree. Hierdie bykomende rol sluit aan by haar huidige posisie as lektor in die program en sal haar verantwoordelikhede uitbrei om die kursus se waardetoevoeging verder te verfyn.

Marcel Badenhorst-Nieuwoudt, Hoof van die Departement Landbou, het haar opgewondenheid uitgespreek oor die waarde wat Michelle tot die uitbreiding en gehalteversekering van die program bring. “Michelle bring nie net kundigheid nie, maar ook ‘n passie vir landboubestuur wat van onskatbare waarde vir ons kursus en studente is.”

Michelle, bekend vir haar entoesiasme en begrip dat landbou die ruggraat van die ekonomie is, sien hierdie uitbreiding van haar rol as ‘n geleentheid om jong beroepslui nog beter toe te rus vir sukses. Haar toewyding en kundigheid sal voortgaan om ‘n positiewe impak te maak op die program en die breër landbougemeenskap.