Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Opwindende nuus by Bo-Karoo Opleiding!

Ons verwelkom met groot opgewondenheid Hanlie Pieters as ons nuwe Bemarkingsbestuurder. Hanlie bring amper 30 jaar se ondervinding in kommunikasie en bemarking na ons span, en ons kan nie wag om saam met haar aan ons missie te werk nie: om Bo-Karoo Opleiding die enigste keuse vir beroepsopleiding in skaarsvaardighede te maak.

Sy sê: “Ek is opgewonde om deel te wees van hierdie dinamiese span en om te help bou aan die toekoms van BKO. Ons het groot planne vir verdere kursusontwikkeling en groei, en ek kan nie wag om dit met die wêreld te deel nie!”

BKO is besig om te floreer – van net 5 studente in 2019, het ons nou meer as 170! Met ‘n verskeidenheid beroepsgerigte kursusse en ‘n passie vir die ontwikkeling van ons studente, is die toekoms blink! Ons nooi voornemende studente uit om 2025 saam met ons aan te pak en te bou aan ‘n hoopvolle toekoms. Kom studeer op ons kampus sonder mure en word ‘n volronde, vaardige deel van ons gemeenskap!