Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Welkom aan Ruaan van Dyk!

Ons verwelkom met trots Ruaan van Dyk as die nuwe spanlid by BKO! Ruaan is aangestel in die pos van IT & Infrastruktuur koördineerder, waar hy onder andere verantwoordelik sal wees vir IT-ondersteuning, netwerk- en stelselbestuur, fasiliteite, sekuriteit en begrotingsverslagdoening.

Ruaan bring ’n dekade se ondervinding in die IT- en administratiewe sektor saam, met kundigheid in netwerkbestuur, stelselondersteuning, sagteware-ontwikkeling en projekkoördinering.

Hy sien uit om funksionele oplossings te skep wat personeel en studente se ervaring sal verbeter en gaan ‘n sleutelrol speel in die ontwikkeling van BKO se tegnologiese en fisiese infrastruktuur. Ruaan se sterk werksetiek en passie vir tegnologie maak hom ’n waardevolle toevoeging tot ons span.

Ons sien uit na die pad vorentoe saam met hom!