Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Watter loopbaanmoontlikhede is daar in elektries?

Wanneer jy na beroepsmoontlikhede begin kyk, is een van die eerste logiese vrae om  natuurlik te vra: “watter loopbaanmoontlikhede ontsluit die kwalifikasie vir my?”

As jy ‘n beroepsertifikaat in ‘n elektriese-rigting oorweeg, kan jy gerus wees dat die loopbaanmoontlikhede in die rigting so wyd soos die Karoo-vlaktes is! 

BKO se elektriese-beroepsertifikaat: Dié kwalifikasie stel studente in staat om as elektrisiën aan die behoeftes en uitdagings van die huidige elektrisiteitbedryf te voldoen. Dit voorsien die student met die nodige kennis en vaardighede om in verskeie omgewings elektriese toerusting, installasies en beheerstelsels te beplan, voor te berei, te bedraad, in bedryf te stel, te toets, te onderhou en te herstel.  

➔ Goed, so die elektriese werksomgewing is wyd en dinamies met werk in verskillende bedrywe maar, wat presies gaan ek met die kwalifikasie doen?

Hierdie kwalifikasie gaan jou bekwaam om:

• die werkplek, toerusting, gereedskap, verbruiksgoedere en materiaal vir elektriese aktiwiteite en bedrywighede te beplan en voor te berei;

• elektriese toerusting en beheerstelsels te installeer, te bedraad en te koppel;

• elektriese toerusting, beheerstelsels en installasies te toets en te inspekteer en

• elektriese toerusting, beheerstelsels en installasies te onderhou en te herstel.

➔ Dit klink of ek heelwat vaardighede gaan aanleer! Van solar, tot “smart” tegnologie vorm alles deel daarvan. Watter loopbane vorm dan deel van my opsies?

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

• Elektrisiën in die residensiële, kommersiële en industriële omgewing. Dink aan jou eie besigheid, werk vir ‘n medium tot groot besigheid of by ‘n groot aanleg.

• Elektrisiën in die bou- en konstruksiebedryf

• Installasie-elektrisiën

• Voorman

• Projekbestuurder

• Lektor by ‘n opleidingsinstansie

• Eienaar van eie elektriese kontrakteursbesigheid

Elektrifiseer jou toekoms – kom studeer elektries by BKO!

Vir meer inligting besoek gerus die volgende skakel, klik hier