VAKATURE: Administratiewe Beampte
Akademie
Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ’n privaat Christelike beroepsopleidingsinstelling sonder winsoogmerk in Orania wat studente die geleentheid bied om gehalte-opleiding in ’n veilige, gestruktureerde en landelike omgewing te ontvang. BKO streef na vryheid deur opleiding en arbeid en rus studente toe om as roepingsgedrewe volwassenes met selfvertroue tot die arbeidsmark toe te tree.
KERNVERANTWOORDELIKHEDE
BKO is op soek na ’n deeglike en energieke administratiewe beampte om die Landboudepartement se akademiese administrasie te ondersteun. Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die akkurate administrasie van studente vanaf registrasie tot uitslae en moet verseker dat akademiese rekords, roosters, punte en dokumentasie volledig en op datum is.
Die posbekleër sal onder meer verantwoordelik wees vir:
- die administrasie van hoofsaaklik Landbou-studente se aansoeke, registrasies en inskrywings;
- die koordineering van eksamens, roosters ens;
- die akkurate vaslegging, kontrolering en verwerking van punte en uitslae;
- die opbou en instandhouding van volledige studentelêers en akademiese rekords;
- administrasie rondom assesserings, eksamens, moderering en uitslae;
- die opvolg van uitstaande punte, dokumentasie en administratiewe vereistes by dosente en studente;
- die voorbereiding van puntestate, vorderingsverslae en ander akademiese verslae;
- kommunikasie met studente en dosente oor roosters, assesserings, uitslae en administratiewe sake;
- dokumentbeheer en die korrekte elektroniese berging van akademiese dokumentasie;
- ondersteuning met registrasie-, oriënterings- en afsluitingsprosesse; en
- nakoming van BKO se akademiese prosesse en toepaslike vereistes van akkreditasie- en opleidingsvennote.
VEREISTES
Noodsaaklik
Die minimum vereistes om vir die pos in aanmerking te kom, is:
- graad 12;
- minstens twee tot drie jaar toepaslike administratiewe ervaring;
- goeie rekenaarvaardigheid, veral Microsoft Excel, Word en Outlook;
- uitstekende Afrikaanse mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede;
- bewese vermoë om akkuraat met groot hoeveelhede inligting en data te werk;
- die vermoë om verskeie sperdatums en administratiewe prosesse gelyktydig te bestuur;
- die vermoë om onafhanklik te kan werk.
Wenslik
Die volgende sal in die kandidaat se guns tel:
- ervaring in ’n opleidings- of akademiese omgewing;
- ervaring met studenteadministrasie of ’n studentebestuurstelsel;
- sterk Excel-vaardighede;
- ervaring met registrasie-, punte- of eksamenadministrasie;
- kennis van beroepsopleiding of landbou-opleiding;
- Goeie verbale en geskrewe vaardigheid in Engels.
Ons soek ’n administratiewe persoon wat daarvan hou dat dinge reg, volledig en betyds gedoen word. Die ideale kandidaat neem eienaarskap van prosesse, volg uitstaande sake selfstandig op en kan onder druk akkuraat bly werk. Deeglikheid, verantwoordbaarheid, goeie oordeel en ’n diensgerigte ingesteldheid is belangrik. Die suksesvolle kandidaat moet hom of haar met BKO se Christelike grondslag, Afrikanerkarakter en strewe na vryheid deur opleiding en arbeid kan vereenselwig.
HOE OM AANSOEK TE DOEN
Voltooi asseblief die aanlynvraelys beskikbaar op die skakel: https://bko.co.za/vakante-pos-aansoekvraelys/ en heg jou CV in Afrikaans (geen sertifikate nie) aan voor of op 4 November 2026 indien jy aan dié profiel voldoen.
Aanvangsdatum: 4 Januarie 2027
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ʼn ander kandidaat vir die posisie oorweeg is.