Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

BKO Lektor ‘n #JouYster-finalis!

Ons is trots om aan te kondig dat Reinhardt Coetzee, een van ons lektore in die Ambagsdepartement, as een van die 20 finaliste in die Solidariteit Ambagnetwerk se #JouYster-kompetisie aangewys is! Hierdie inisiatief, wat erkenning gee aan uitstaande ambagslui, het ontstaan om die tradisie van eerbewyse aan ambagslui te herstel en nuwe energie in die sektor te bring.

“Reinhardt se toewyding tot ambagsopleiding is merkwaardig. Hy is ‘n ware voorbeeld van die kwaliteit en passie wat BKO nastreef,” sê Johan Klinck, Hoof van Ambagte. Paul Vogel, BKO se Uitvoerende Hoof, voeg by: “Hierdie prestasie wys dat ons lektore nie net kennis oordra nie, maar ook die gees van uitnemendheid uitleef.”

Reinhardt self sê: “Dit is ‘n eer om erkenning te kry vir iets waarvoor ek lief is – om die volgende generasie ambagslui op te lei. Dit is ʼn voorreg om deel van hierdie kompetisie te wees. Ek hoop dit inspireer my studente om hul drome na te jaag.”

Sterkte, Reinhardt! Ons weet jy is ’n yster!