ONS BREI UIT: MEER SPASIE, MEER VAARDIGHEDE!
By BKO glo ons nie aan stilstaan nie. Die vraag na topgehalte vakmanne neem toe – en ons kampus groei saam.
Ons is trots om die nuwe, uitgebreide Elektries-werkswinkel op Technika-kampus bekend te stel. Met ekstra kantoorruimte én ‘n modern lesingslokaal skep ons doelbewus plek vir groei en gehalte-opleiding. Só kan ons nóg meer studente toerus om meesters van hul ambag te word.
NUWE GELEENTHEID:
Danksy hierdie uitbreiding kondig ons met trots ’n tweede inname vir ‘n addisionele 20 Elektries-studente in Julie aan!
“Hierdie fasiliteite stel ons in staat om studente prakties en doelgerig voor te berei vir die werklikheid van die werkplek.” – Johan Klinck, Departementshoof: Tegnies
’n Opregte dankie aan ons kontrakteurs, vennote en die breër gemeenskap wat gehelp het om hierdie visie te bou. Saam belê ons in volhoubare vaardighede en ’n sterker toekoms.