Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Opedag 2026

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Opedag 2026

BKO – trotse uithalerborg van Orania Karnaval 2025!

BKO is trots om aan te kondig dat ons vanjaar ’n uithalerborg van Orania Karnaval is. As studietuiste vir Afrikaners is ons roeping om gehalte opleiding in skaars vaardighede te bied – van landbou en tegniese rigtings tot tuisversorging en vroeë kinderontwikkeling – en om aktief deel te wees van ons gemeenskap.

Die Karnaval is een van vele hoogtepunte op Orania se kalender: ’n fees waar kultuur, gemeenskap en saamwees gevier word. Om dit te ondersteun, belê ons in ons studente en die breër gemeenskap waarin hulle leer, leef en floreer.

Kom vir ‘n unieke BKO-ervaring tydens die Karnaval. Ons bied kampustoere op 9 en 10 Oktober, waar jy ons unieke kampus sonder mure en ons vlytige studentelewe eerstehands kan beleef.

👉 Klik hier om jou kampustoer te bespreek: https://bko.co.za/karnaval-kampusbesoekbesprekingsvorm/