Ons is opgewonde om Shakita Potgieter by die BKO-span te verwelkom as ons nuwe Bemarkingsbeampte!
Shakita kom van Somerset Wes en het onlangs haar BCom Digitale Bemarking by Stadio Universiteit in Bellville voltooi. Sy bring reeds waardevolle ervaring van verskeie internskappe waar sy kennis en vaardighede in bemarking, inhoudskepping en data-organisering opgebou het.
By BKO gaan Shakita fokus op die ondersteuning van die bemarkingsspan om die groei van BKO te bevorder. Sy is kreatief, oplossingsgerig en werk met integriteit, empatie en respek – eienskappe wat haar perfek maak om ons span te versterk.
Shakita sien uit daarna om nuwe mense te ontmoet, haar kennis uit te brei, nuwe vaardighede te ontwikkel en saam met die span by te dra tot die verdere groei van BKO. Ons sien uit na die nuwe energie en kreatiewe idees wat sy gaan bring!
Welkom by BKO, Shakita, ons is bly om jou aan boord te hê!