Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ‘n privaat, nie-winsgewende beroepsopleidingsinstelling wat deel vorm van die Solidariteit Beweging. Met ‘n aanvanklike groep van meer as 110 studente in 2023, bied die instelling ‘n unieke benadering tot opleiding wat studente blootstel aan ‘n plattelandse gevoel en ervaring.

Wat BKO onderskei van ander hoëronderwysinstellings, is die kampus sonder mure in ‘n veilige omgewing wat studente toelaat om ten volle by die Orania-gemeenskap in te skakel. Ons studente het die voorreg om in dié rustige omgewing te leer en te groei terwyl hulle volwaardige beroepsopleiding in bou- en siviele konstruksie, loodgieterwerk, elektries, boerderybestuur en tuisversorging ontvang.

By BKO is ons nie net gerig op die ontwikkeling van vaardighede nie, maar ook op die bevordering van gemeenskapsbetrokkenheid. Ons moedig studente aan om in koshuisverband deel te neem aan aksies, asook kultuur- en sportaktiwiteite. Ons is trots op ons Afrikaner-kultuur en studente word aangemoedig om vrylik hul geloof en kultuur te beoefen en uit te leef.

Die toekoms van BKO is opwindend en ons beleef positiewe groei. Ons het onlangs die bestaande fasiliteite vergroot met twee nuwe werkswinkels en vier klaskamers om aan die toenemende vraag na opleiding te voldoen. Daarbenewens is daar nuwe studenteverblyf wat in Januarie 2024 in werking tree en verdere koshuisuitbreidings wat beplan word vir 2025.

Bo-Karoo Opleiding gaan van krag tot krag terwyl ons vryheid deur opleiding en arbeid bevorder. Ons glo dat ons studente ‘n hoopvolle toekoms kan bou deur middel van gehalteopleiding en die ontwikkeling van praktiese vaardighede.

Kontak BKO by 053 110 0620 of per e-pos by ontvangs@bokarooopleiding.co.za vir navrae.

DOEN AANSOEK