Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Diereproduksie

Hierdie kwalifikasie fokus op vee- en diereproduksie. Onderwerpe sluit onder andere dierevoeding, dieregesondheid, teel en seleksie, versorging van jongdiere, produksiebestuur, natuurlike hulpbronbestuur, finansiële bestuur, bemarking en produksiebeplanning in. Die kwalifikasie kan binne verskillende diereproduksie-omgewings toegepas word, waaronder kleinvee, grootvee, suiwel, varke en pluimvee. Die diploma bevat steeds bestuurs- en finansiële bestuurskomponente.

Kwalifikasie

Toelatingvereistes

Modules

Waardetoevoegingskursusse soos plaasveiligheid, brandbestryding, sweis, wolklassering en raskursusse.

Opleidingsmodel

Die 24 maande-opleiding vind op kampus plaas met intensiewe praktiese blootstelling op die Leer-My-Hoe Proefplaas. Opleiding is geïntegreer en toepassingsgerig, waar teorie en praktyk hand aan hand loop. Die insig en vaardighede wat opgedoen word, word deurlopend geëvalueer deur middel van praktiese opdragte, voorleggings, gevallestudies en portefeuljes van bewyslewering.

POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE

NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS

POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS

Koste-uitleg vir 2027

R 175 300 Betaalbaar in 18 paaiemente (finansiering is beskikbaar)
  • Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
  • 24 maande teorie- en praktiese opleiding
  • Persoonlike beskermingstoerusting is ingesluit
  • Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

BKO is ses!

Wat kan werklik binne ses jaar gebeur? BAIE! Met agt gehalte kwalifikasies, 24 personeellede, 205 studente en verskeie planne in sy agtersak, lê daar ‘n hoopvolle toekoms vir elke student op die horison voor!

Lees Meer »

Klopdisselboom toekoms met loodgieter-kwalifikasie

BKO se beroepskwalifikasie as loodgieter bied meer as net die teorie in die handboek en hande vuil maak tydens die praktiese toepassing– dié kwalifikasie fokus op werksgereedheid en die bou van uitstekende vaardighede vir die wêreld van werk. Boonop bied die beroep verskeie moontlikhede!

Lees Meer »