BKO het onlangs ’n fantastiese skenking van moderne sonkragtoerusting ontvang! Hierdie gevorderde toerusting gaan ons studente die nodige praktiese blootstelling gee aan die heel nuutste sonkragtegnologie in die bedryf.
By BKO streef ons voortdurend daarna om te verseker dat ons studente se praktiese opleiding belyn is met die presiese vereistes van die moderne mark en toekomstige werkgewers.
Ons is opreg dankbaar vir bedryfsvennote wat so ruimhartig hande vat met BKO om in die toekoms en vaardighede van ons jeug te belê!