Hoe spel jy elektrisiën? So: Innoverende denker, dinamies, analities en hoog in aanvraag.
Die elektries-kwalifikasie is een van die kwalifikasie wat nie net vir ambagslui in die beroep baie deure oopmaak nie, maar ook een van die beroepe wat hoog in aanvraag is. Moenie ‘n kortsluiting met jou toekoms maak nie, elektrifiseer dit met die kwalifikasie!
Dit is juis belangrik om gehalte opleiding te ontvang om so te verseker dat jy kop en skouers bo die res uitstaan.
Hoe lyk BKO se elektriese kwalifikasie?
BKO se elektriese beroepsertifikaat, op NKR-vlak 4, stel studente in staat om aan die behoeftes en uitdagings in die bedryf te voldoen. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede om in verskeie omgewings elektriese toerusting, installasies en beheerstelsels te beplan, voor te berei, te bedraad, in bedryf te stel, te toets, te onderhou en te herstel. Andries Botes, BKO-elektries alumnus, stel dit so: “Dié kwalifikasie maak ontsettend baie deure vir jou oop en daar is soveel rigtings waarin jy kan gaan. Daar is so ‘n groot tekort aan elektrisiëns in Suid-Afrika!”
Watter modules vorm deel van die kwalifikasie?
Die modules val so reg in iemand wat in elektries belangstel se gereedskapkis: beplanning en voorbereiding van die werksplek, toerusting, gereedskap, verbruiksgoedere en materiaal, toetsing en inspeksie van elektriese toerusting; beheerstelsels en installasies; installasie; bedrading en koppeling van elektriese toerusting en beheerstelsels; onderhoud en herstel van elektriese toerusting; beheerstelsels en installasies; wisselstroom; gelykstroom; enkelfase, driefase en basiese elektronika en beroepsgesondheid en veiligheid.
Wat het jy nodig om die kwalifikasie te studeer?
‘n Graad 12-kwalifikasie; graad 12 Wiskunde 40% ofWiskundige Geletterdheid 50% of Tegniese Wiskunde 40% en goeie fisiese gesondheid.
Hoe lyk die opleidingsmodel?
Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaring, wat mekaar oor ‘n tydperk van 36 maande afwissel. Studente is verplig om die 18 maande teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon. Tydens die teoretiese en praktiese vaardigheidsfases sal studente in Orania wees. Ná die fases volg die werkservaringmodules wat landswyd by ‘n goedgekeurde elektrisiën kan plaasvind. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Elektrifiseer jou toekoms met ‘n elektriese kwalifikasie by BKO.
Waarvoor wag jy? Doen vandag nog hier aansoek.
Vir meer inligting besoek gerus BKOS se elektrieseblad hier