Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

MEDIAVERKLARING – BKO verwelkom landboukenner

Jasper Dreyer

Jasper Dreyer sluit vanjaar by Bo-Karoo Opleiding (BKO) in Orania, Noord-Kaap aan as departementshoof van landbou.

Paul Vogel, uitvoerende hoof van BKO, sê hy is baie opgewonde om Dreyer te verwelkom. “BKO het ‘n sterk fokus op landbouopleiding en ons wil dit verder uitbou. Jasper se aanstelling bring vir ons baie kundigheid en vaardighede wat ons uitbreidingsplanne uitstekend aanvul.”

Dreyer het voorheen vir 15 jaar in Potchefstroom gewoon, waar hy 12 jaar lank ’n dosent in grondkunde was. Hy is tans besig met sy PhD-graad in digitale grondkartering vir presisieboerdery aan die Noordwes-Universiteit. Hy wil graag sy kennis en ervaring gebruik om die landboukurrikulum uit te brei en meer gespesialiseerd te maak.

Verder wil hy verseker dat die Leer-my-hoe-proefplaas optimaal gebruik word, ten voordeel van landbou in Suid-Afrika en veral die Noord-Kaap. Sy droom vir BKO is dat die instelling nie net in getalle sal groei nie, maar ook as top hoëropleidingsinstelling erken sal word.  

“Ons het groot planne vir landbou by BKO,” sê Dreyer. “Eerstens wil ons die departement se kapasiteit uitbrei en verder ontwikkel om volhoubare groei en gehalte te bevorder. Tweedens beplan ons die uitbreiding van die Leer-my-hoe-proefplaas om studente aan praktiese landbouaktiwiteite binne ons streek bloot te stel. Verder beoog ons om ondersoek in te stel na vakrigtings soos agronomie en veekunde en ons eie kurrikulums en modules te ontwikkel,” brei Dreyer uit.

BKO bied tans verskeie kwalifikasies aan. Dit sluit boerderybestuur, bou- en siviele konstruksie, loodgieter, elektries en tuisversorging in. Die fokus word op praktiese vaardighede geplaas, nadat die teorie afgehandel is. BKO is trots daarop om studente nie net met ’n kwalifikasie die arbeidsmark in te stuur nie, maar as roepinggedrewe volwassenes.

BKO het in 2019 met slegs vyf studente tot stand gekom. Vanjaar spog die instelling met 130 studente en het ook vroeër vanjaar ‘n nuwe handelsmerk en werkswinkels bekendgestel. Jasper Dreyer se aanstelling sal die instelling in staat stel om nog verder uit te brei en nog hoër hoogtes te bereik.  

Mediakontak:

Carla Loots

053 110 0620

carla@bko.co.za