Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Nuwe tegniese aanstelling by BKO

Bo-Karoo Opleiding (BKO) verwelkom graag mnr. Shawn Loggenberg in sy nuwe rol as Loodgieter lektor in Departement Ambagte op die Technika kampus.

Shawn is ’n gekwalifiseerde loodgieter met jare se praktiese ondervinding in die bedryf. Hy het sy opleiding in 1999 aan die Vaaldriehoek Opleidingsentrum begin, in 2006 die Kwikot Loodgieter en Elektriese program voltooi en daarna sy rooi seël aan Olifantsfontein verwerf. 

In sy rol as lektor sal hy verantwoordelik wees vir die aanbieding van beide teoretiese en praktiese komponente van die opleiding. Sy fokus sal wees om eerstejaarstudente nie net die nodige tegniese vaardighede aan te leer nie, maar ook om hul vermoë tot selfstandige werk en probleemoplossing in regte werksomgewings te ontwikkel.

Shawn sien daarna uit om sy onderrigvaardighede te verfyn en ’n praktiese, verstaanbare leerervaring vir studente te skep. Hy deel BKO se visie om gehalte-ambagsopleiding in Afrikaans vir Afrikaners aan te bied, en dra graag by tot die groei van die instelling.

Ons heet hom hartlik welkom by die span en sien uit na die waardevolle rol wat hy by BKO sal speel.