In die hart van die Orania-gemeenskap het Karin de Klerk (33), ons nuwe ontvangsdame, haar plek gevind.
Karin het skoonheidsterapie, spesifiek Health and Skin Care Therapy, aan die Isa Carstens-instituut in Stellenboch studeer. Hier het sy ’n passie vir omgee ontwikkel, wat sy nou aanwend in die verwelkoming van kliënte en besoekers by BKO.
Sy spog met indrukwekkende werksondervinding wat sy tydens haar tydperk by ConfiDent Palm Dentist in Dubai opgedoen het. As ’n ontvangsbeampte by die tandheelkundige kliniek, het sy bekwaamheid in kliëntediens, kommunikasie en adminnistrasie opgebou. Hierdie vaardighede het haar voorberei vir haar taak by BKO.
Vriendelikheid is een van die kenmerkende eienskappe wat Karin ’n groot aanwins vir die BKO-span maak. Sy het ’n innemende persoonlikheid wat dit maklik maak om ’n band met haar te vorm. Haar vriendelikheid gaan gepaard met ’n positiewe ingesteldheid, wat maak dat diegene wat BKO besoek op hul gemak is.
Sy beoog om die kliëntediens te verbeter deur uitsonderlike diens te lewer. Sy glo daarin om akkurate inligting aan almal te verskaf en te sorg dat elke persoon wat haar pad kruis ’n positiewe ervaring sal hê. Sy wil graag ’n verwelkomende en warm atmosfeer vir alle besoekers skep. Karin glo dat die ontvangslesenaar die eerste indruk skep en daarom ’n baie belangrike rol in BKO se sukses speel.
Sy is vasbeslote om verhoudings met kliënte, studente en kollegas te smee en sodoende die gemeenskap van BKO en Orania nader aan mekaar te bring.
Karin deel ’n droom met die res van die BKO-familie. Sy streef na uitnemendheid en wil graag sien dat BKO een van die beste opleidingsinstellings word. Met haar passie vir mense en dienslewering sal sy ’n integrale deel van hierdie droom wees. Sy is trots om deel van die BKO-familie te wees en sien uit na ’n lang en suksesvolle loopbaan hier.
Karin de Klerk