Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

STUDENTESAKE

Koshuisvoog

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ʼn privaat beroepsopleidingsinstansie sonder winsoogmerk in Orania wat studente die ideale geleentheid bied om ʼn nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ʼn veilige, gestruktureerde, landelike omgewing te verwerf. BKO fokus daarop om vryheid deur middel van gehalte-opleiding en arbeid moontlik te maak deur studente toe te rus om hulle tot roepingsgedrewe volwassenes te vorm wat die arbeidsmark met selfvertroue kan betree. 

Die minimum vereistes om vir die pos in aanmerking te kom, is soos volg:

  • Noodsaaklik: Graad 12, goeie verhoudings binne Orania, integrasie in Orania se kultuur (minstens 2 jaar), werkservaring met studente/jongmense.
  • Wenslik: Diploma of kwalifikasie in Geesteswetenskappe of verwante veld, koshuis-ouer ervaring, ervaring in berading/mentorskap/gemeenskapswerk, kennis van studente-kultuur en noodhulpsertifikaat (vlak 1).

DIE POSBEKLEËR SAL ONDER MEER VERANTWOORDELIK WEES VIR:

  • Bevorder koshuis-kultuur en tradisies.
  • Ondersteun en organiseer studente-aktiwiteite en funksies.
  • Identifiseer studente wat ondersteuning benodig en bied leiding.
  • Handhaaf dissipline en netheid binne die koshuis.
  • Rapporteer gereeld oor koshuisaktiwiteite, voorvalle en inspeksies.
  • Funksioneer as mentor en rolmodel vir studente se karakterontwikkeling.

Aansoekbesonderhede:

Die aanstelling van die nuwe koshuisvoog sal saam met die 2026/2027-termyn in werking tree. Aansoeke word tans ingewag vir die volgende koshuise:

  1. Duiker Dameskoshuis
  2. Steenbok Manskoshuis
  3. Vaalbos Manskoshuis
  4. Heldehuis Daghuis
  5. Nuwe Damesdaghuis
  6. Nuwe Manskoshuis

 

Hierdie rol bied die geleentheid om deel te vorm van ‘n dinamiese en toegewyde Voogde-span wat fokus op die ontwikkeling, ondersteuning en versterking van ons koshuisgemeenskappe. Die suksesvolle kandidate sal saamwerk om ‘n positiewe, gestruktureerde te skep waar studente akademies, sosiaal en persoonlik kan floreer.

Indien jy aan die vereistes voldoen en ’n passie het vir studente-ontwikkeling, leierskap en koshuislewe, nooi ons jou uit om aansoek te doen en deel te word van ’n span wat die koshuise na ’n nuwe vlak van uitnemendheid lei.

Aansoekproses:

Stel ’n aansoekbrief op waarin u u geskiktheid en motivering vir die pos uiteensit.

Sluit ’n CV en relevante kwalifikasies in.

Stuur aansoeke per e-pos aan: betrekkings@bko.co.za

Onderwerpreël van e-pos: “Aansoek vir Koshuisvoog: [Koshuisnaam]”

Sluitingsdatum: 20 April 2026                                           

Aanvangsdatum: 15 Mei 2026

Die suksesvolle kandidaat moet ten volle belyn wees met die waardes en werkswyse van die groter Solidariteit Beweging wat uit ʼn sterk morele, etiese en Christelike agtergrond voortspruit. Die suksesvolle posbekleër moet ook bereid wees om hom of haar volkome met die Afrikaner taal- en kultuurgemeenskap van Orania te vereenselwig. ʼn Sterk verbintenis met Orania se visie van selfstandigheid en selfwerksaamheid sal in die kandidaat se guns tel.

Nota: Die pos vereis toewyding, integriteit en leierskap. Die suksesvolle kandidaat sal ’n aktiewe rol speel in die ontwikkeling van studente en die bevordering van ’n gesonde, veilige en ontwikkelende koshuisomgewing.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.