Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Wanneer ’n kampus ’n tuiste word: Terugblik op BKO se Opedag

Dit is presies wat die afgelope naweek tydens BKO se Opedae gebeur het.

Dit het Vrydagaand begin met die samesyn van ’n cantus – ’n herinnering dat harde werk en ’n vlytige studentelewe hand aan hand gaan met die bou van lewenslange vriendskappe. Saterdag het die fokus verskuif na die toekoms. Ouers en voornemende studente het deur ons klaskamers, koshuise, werkswinkels en die Leer-My-Hoe Proefplaas gestap, op soek na antwoorde vir môre.

Wat ons die meeste geraak het, is die afstande wat mense afgelê het. Om te weet dat gesinne van elke provinsie en selfs buurlande soos Botswana brandstofpryse en lang paaie getrotseer het om BKO te kom beleef, herinner ons aan die groot verantwoordelikheid wat ons dra.

Hulle soek nie net ’n studierigting nie; maar ’n plek waar daar gegroei kan word tot volwaardige, selfstandige mense – dit alles op ‘n kampus sonder mure en in ‘n vry en veilige omgewing.

Die toekoms is blink. Dankie.