Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Elektries

Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om as elektrisiën aan die behoeftes en uitdagings van die huidige elektrisiteitbedryf te voldoen. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede om in verskeie omgewings elektriese toerusting, installasies en beheerstelsels te beplan, voor te berei, te bedraad, in bedryf te stel, te toets, te onderhou en te herstel.  

Kwalifikasie

Toelatingsvereistes

Modules

BEPLANNING EN VOORBEREIDING VAN DIE WERKSPLEK, TOERUSTING, GEREEDSKAP, VERBRUIKSGOEDERE EN MATERIAAL

TOETSING EN INSPEKSIE VAN ELEKTRIESE TOERUSTING, BEHEERSTELSELS EN INSTALLASIES

INSTALLASIE, BEDRADING EN KOPPELING VAN ELEKTRIESE TOERUSTING EN BEHEERSTELSELS

ONDERHOUD EN HERSTEL VAN ELEKTRIESE TOERUSTING, BEHEERSTELSELS EN INSTALLASIES

WISSELSTROOM, GELYKSTROOM, ENKELFASE, DRIEFASE EN BASIESE ELEKTRONIKA

Beroepsgesondheid en -veiligheid

EN NOG MEER…

Opleidingsmodel

Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van 36 maande afwissel. Studente is verplig om die 18 maande teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks 08:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese vaardigheids fases sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by goedgekeurde elektrisiën kan verrig vir die oorblywende 18 maande. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.

Gedurende die laaste vier maande van die student se werksplek ervaringstydperk, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.

VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL

VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL

HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Die registrasiefooi vir

eerstejaars vir die jaar is R2 835.

Die totale studiekoste vir

eerstejaars vir die jaar is R59 945.

* Kosteverhogings geskied jaarliks

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Annerie Loots aangestel as Lektor

Annerie is aangestel as die lektor vir die splinternuwe VKO-program, ‘n diploma wat oor 12 maande strek met 450 krediete op suksesvolle voltooiing. Studente sal nie net teoretiese kennis opdoen nie, maar ook waardevolle praktiese ervaring opdoen in skole in die omgewing. Sy sien daarna uit om passievolle studente op te lei en te inspireer om selfversekerd op te tree.

Lees Meer »