Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Elektries

Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om as elektrisiën aan die behoeftes en uitdagings van die huidige elektrisiteitbedryf te voldoen. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede om in verskeie omgewings elektriese toerusting, installasies en beheerstelsels te beplan, voor te berei, te bedraad, in bedryf te stel, te toets, te onderhou en te herstel.  

Kwalifikasie

Toelatingsvereistes

Modules

BEPLANNING EN VOORBEREIDING VAN DIE WERKSPLEK, TOERUSTING, GEREEDSKAP, VERBRUIKSGOEDERE EN MATERIAAL

TOETS EN INSPEKTEER VAN ELEKTRIESE TOERUSTING, BEHEERSTELSELS EN INSTALLASIES

INSTALLASIE, BEDRADING EN VERBINDING VAN ELEKTRIESE TOERUSTING EN BEHEERSTELSELS

ONDERHOUD EN HERSTEL VAN ELEKTRIESE TOERUSTING, BEHEERSTELSELS EN INSTALLASIES

WISSELSTROOM, GELYKSTROOM, ENKELFASE, DRIEFASE EN BASIESE ELEKTRONIKA

Beroepsgesondheid en -veiligheid

EN NOG MEER…

Opleidingsmodel

Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van 36 maande afwissel. Studente is verplig om die 18 maande teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks 08:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese vaardigheids fases sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by goedgekeurde elektrisiën kan verrig vir die oorblywende 18 maande. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.

Gedurende die laaste vier maande van die student se werksplek ervaringstydperk, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.

VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL

VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL

HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Koste-uitleg vir 2027

R 160 500 Betaalbaar in 16 paaiemente (finansiering is beskikbaar)
  • Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
  • 18 maande teorie- en praktiese opleiding
  • Vaktoetsvoorbereiding is ingesluit
  • Vaktoetskostes is uitgesluit
  • Persoonlike beskermingstoerusting is uitgesluit
  • Gereeskapstel is uitgesluit
  • Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Nuwe koshuisvoogde is vuur en vlam

Die koshuise, Die Duiker en Steenbok Herberg, het nuwe voogde verwelkom. Johan Scholtz (27) en Nadia Marais (25) sê hulle is opgewonde oor die uitdaging en sien uit om studente net so opgewonde te…

Lees Meer »

Die toekoms van beroepsopleiding

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ‘n privaat, nie-winsgewende beroepsopleidingsinstelling wat deel vorm van die Solidariteit Beweging. Met ‘n aanvanklike groep van meer as 110 studente in 2023, bied die instelling ‘n unieke benadering tot opleiding wat studente blootstel aan ‘n plattelandse gevoel en ervaring…

Lees Meer »