Oorweeg jy dit om nog in 2026 met jou studiereis weg te spring? Dit is nog nie te laat nie – jy kan tot 16 Januarie 2026 vir een van BKO se puik kwalifikasies aansoek doen!
‘n Gehalte kwalifikasie vorm die boustene vir ‘n suksesvolle toekoms – maak seker dat jy jouself uitstekend bekwaam en so van die res onderskei. Jou studiereis kan soveel meer as net studeer inhou – dink aan persoonlike- en leierskapsontwikkeling, die smee van lewenslange vriendskapsbande, gesonde studentepret en die geborgenheid van ‘n vry en veilige gemeenskap. Dit alles en nog meer kan jy by BKO, in die hartjie van die Bo-Karoo, kry.
Maar, jy sal moet opskud, die tyd raak min om aansoek te doen!
Volg hierdie maklike stappe om aansoek te doen:
- Kies ‘n kwalifikasie
Jy kan kies uit die voltydse kwalifikasies in boerderybestuur, bou- en siviele konstruksie; elektries, loodgieter, siviele ingenieurswese (diploma), tuisversorging en vroeë kinderontwikkeling. Lees gerus hier meer.
- Doen nou aansoek
Gebruik gerus jou rekordeksamenpunte om solank aansoek te doen!
Klik op die skakel en gaan deur die aansoekproses, dit is maklik en vinnig!
Maak seker dat jy ‘n afskrif van jou id en puntestaat byderhand het.
Indien jy graag vir finansiële steun wil aansoek doen, kan jy dit tydens die aansoekproses so aandui.
Druk die stuur knoppie en BKO se span sal dan verder met jou in verbinding tree!
- Ek het aansoek gedoen, wat nou?
BKO sal vinnig met jou in verbinding tree, dink solank aan die volgende:
- Wil jy graag van studente verblyf gebruik maak? Ongelukkig is Duiker Dameskoshuis reeds vol, maar die manskoshuise Steenbok en Vaalbos het nog enkele plekke beskikbaar. Dalk gaan jy gebruik maak van privaatverblyf? Skakel dan in by Heldehuis, die daghuis. Lees hier meer.
- Hoe gaan jy by die bruisende studentelewe betrokke raak? BKO se unieke studentelewe skep vir studente ruimte en blootstelling binne ’n vrye en gesonde omgewing waar studente geborge kan voel en karaktervol gevorm word om in die werksplek te presteer en floreer. Hier moedig ons studente aan om akademiese uitnemendheid na te streef, persoonlike groei te omhels en hul identiteit as jong Afrikaner uit te leef. Buite die klaskamer kan studente nuwe idees verken en as veelsydige individue ontwikkel deur deelname aan sport, kultuur en sosiale aktiwiteite. By ons kampus sonder mure, is ons studente deel van die Orania-gemeenskap. Lees hier meer
- Leer jou SR en HK ken – hulle gaan jou begelei tydens die jaar en verseker dat jy ‘n heerlike studentelewe ervaar. Besoek die blad hier.
- Nuuskierig oor wie jou lektore en die ondersteunende personeel is? Maak solank aanlyn met hulle hier kennis.
BKO is baie opgewonde om jou aansoek te ontvang, maak seker dat jy dit sommer vandag nog indien! Hierdie kan die beste besluit wees wat jy vir jou toekoms neem!