Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Gemengde Gewasse- en Veeboer

Hierdie kwalifikasie berei studente voor om as gemengde gewas- en veeboere te funksioneer. Die program integreer gewasproduksie en veebestuur en fokus onder andere op produksiebeplanning, grond- en waterbestuur, geïntegreerde plaag- en siektebeheer, oes- en na-oespraktyke, veevoeding en -gesondheid, mark- en waardekettingbestuur, klimaatbestande boerdery, wetgewing, etiek en basiese besigheidsbeginsels. Volhoubare boerderypraktyke, natuurlike hulpbronbewaring en die praktiese integrasie van gewasse en vee vorm ’n kernkomponent van die kwalifikasie.

Kwalifikasie

Toelatingvereistes

Modules

Opleidingsmodel

Die kwalifikasie kombineer 12 maande se kennis- en praktiese vaardigheidsmodules op kampus en ses maande se werkservaringsmodules by ’n werkgewer. Na afloop van die werkservaringsmodules word ’n eksterne eksamen, die EISA-eksamen , afgelê om die kwalifikasie te verwerf. Die program is toepassingsgerig en berei die student voor om gewas- en veeproduksie as ’n geïntegreerde boerderystelsel te bestuur. Leermateriaal en assesserings is in Engels, klasse is in Afrikaans.

WERSKERVARING

Ses maande se werkservaring is ’n verpligte deel van die kwalifikasie. Studente moet praktiese blootstelling opdoen aan geïntegreerde gewas- en veeboerderystelsels, natuurlike-hulpbronbestuur, plaag- en siektebeheer, markgereedheid, veebestuur en -gesondheid, gewasproduksie, markverhoudings en klimaatresponsiewe boerderypraktyke.

POTENSIËLE LOOPBAAN- EN VERDERE STUDIEMOONTLIKHEDE

POTENSIËLE LOOPBAAN- EN VERDERE STUDIEMOONTLIKHEDE

Koste-uitleg vir 2027

R 89 500 Betaalbaar in 10 paaiemente (finansiering is beskikbaar)
  • Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
  • 12 maande teorie- en praktiese opleiding
  • Persoonlike beskermingstoerusting is ingesluit
  • Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Die toekoms van beroepsopleiding

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ‘n privaat, nie-winsgewende beroepsopleidingsinstelling wat deel vorm van die Solidariteit Beweging. Met ‘n aanvanklike groep van meer as 110 studente in 2023, bied die instelling ‘n unieke benadering tot opleiding wat studente blootstel aan ‘n plattelandse gevoel en ervaring…

Lees Meer »

Eerste daghuis bekendstelling

Ons het op 7 Junie 2023 ons eerste daghuis, Heldehuis, amptelik bekendgestel en die Heldehuis-skild onthul. Heldehuis is geskep om studente wat gebruik maak van private behuising buite BKO die geleentheid…

Lees Meer »