Nasionale N-diploma: Siviele Ingenieurswese
Hierdie nasionale diploma sal studente in staat stel om die bou- en siviele konstruksiebedryf op ‘n gevorderde vlak te betree, met die fokus op die verskillende dokumentasie en berekeninge wat daarmee gepaard gaan en die vermoë om opmetings en kosteberamings vir enige projek te kan doen. Die studente sal ook meer kennis dra oor hoe strukture soos brûe, paaie en wolkekrabbers beplan en gebou word, wat die bou- en siviele konstruksiebedryf in Suid-Afrika kan bevorder.
Kwalifikasie
- Nasionale N-diploma: Siviele Ingenieurswese N4 – N6, NKR-vlak 6, 360 krediete, SAQA-ID: 90674
Toelatingsvereistes
- Graad 12-kwalifikasie | NKR-vlak 4 in die konstruksiebedryf
- Graad 12-modules: Wiskunde en IGO (Ingenieursgrafika en -ontwerp)
Vakke
Bou- en struktuuropmeting
Bourekene
Bou-administrasie
Bou- en Struktuurkonstruksie
Opleidingsmodel
Opleiding geskied voltyds, waartydens teoretiese- en praktiese vaardigheidsmodules oor ‘n tydperk van een jaar, afhangend van die student se vermoë, aangebied word. Studente is verplig om alle teoretiese- en praktiese kontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse begin daagliks om 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur.
Hierdie model maak dit moontlik om die drie vlakke in een akademiese jaar af te handel, waarna die vereiste twee jaar praktiese werkservaring by enige goedgekeurde kontrakteur in die land voltooi moet word voordat die aansoek vir die Nasionale N-Diploma in Siviele Ingenieurswese gedoen kan word.
Die kwalifikasie word in trimesters opgedeel. Elke N-vlak behels vier vakke wat suksesvol geslaag moet word. Daar word drie geleenthede per jaar gegee vir studente om ekstern eksamen te skryf. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Met die voltooiing van die N6-nasionale sertifikaat kan die student die bewyse van sy/haar werkservaringmodules, wat oor ’n tydperk van 24 maande geskied, inhandig sodat ’n aansoek vir die diploma ingedien kan word.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Bourekenmeester
- Landmeter
- Projekbestuurder
- Siviele ingenieur
- Lektor in Siviele Ingenieurswese
- Struktuurbestuurder
Koste-uitleg vir 2027
-
Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
-
12 maande teorie- en praktiese opleiding
-
Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- DEPOSITO
- VERBLYFREG TOT ORANIA
- VOLTOOING VAN DIE REGISTRASIEPROSES




BKO-studente slaag vaktoetse met uitsonderlike resultate
Elke suksesvolle student is ‘n herinnering aan ons missie om jongmense toe te rus met skaarsvaardighede en hulle voor te berei vir ‘n blink toekoms.
Ooreenkoms verdubbel indiensopleidingsgeleenthede vir BKO-studente
Bo-Karoo Opleiding (BKO) en Plaasbestuurder.co.za, ‘n werwings- en plasingsmaatskappy, het onlangs ‘n ooreenkoms gesluit wat die indiensopleidingsmoontlikhede vir BKO-studente vergroot.
Pieter Scholtz: Van stofpadkind tot suksesvolle besigheidseienaar
Daar is geen kortpaaie na sukses nie. Dit verg harde werk en deursettingsvermoë, en beteken dikwels dat jy onder moet begin en boontoe bou. Pieter Scholtz, ‘n oudstudent van Bo-Karoo Opleiding (BKO) en tans ‘n suksesvolle besigheidseienaar, het hierdie waarhede vroeg in sy lewe besef.
Oorspronklik ‘n stofpadkind van die plaas Wonderput, het Pieter sy skoolloopbaan in Orania begin en daar voltooi. Nadat hy in 2019 gematrikuleer het, het sy liefde om met sy hande te werk hom na BKO gelei, waar hy in 2021 as Loodgieter-eerstejaar sy studies begin het.