Nasionale N-diploma: Siviele Ingenieurswese
Hierdie nasionale diploma sal studente in staat stel om die bou- en siviele konstruksiebedryf op ‘n gevorderde vlak te betree, met die fokus op die verskillende dokumentasie en berekeninge wat daarmee gepaard gaan en die vermoë om opmetings en kosteberamings vir enige projek te kan doen. Die studente sal ook meer kennis dra oor hoe strukture soos brûe, paaie en wolkekrabbers beplan en gebou word, wat die bou- en siviele konstruksiebedryf in Suid-Afrika kan bevorder.
Kwalifikasie
- Nasionale N-diploma: Siviele Ingenieurswese N4 – N6, NKR-vlak 6, 360 krediete, SAQA-ID: 90674
Toelatingsvereistes
- Graad 12-kwalifikasie | NKR-vlak 4 in die konstruksiebedryf
- Graad 12-modules: Wiskunde en IGO (Ingenieursgrafika en -ontwerp)
Vakke
Bou- en struktuuropmeting
Bourekene
Bou-administrasie
Bou- en Struktuurkonstruksie
Opleidingsmodel
Opleiding geskied voltyds, waartydens teoretiese- en praktiese vaardigheidsmodules oor ‘n tydperk van een jaar, afhangend van die student se vermoë, aangebied word. Studente is verplig om alle teoretiese- en praktiese kontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse begin daagliks om 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur.
Hierdie model maak dit moontlik om die drie vlakke in een akademiese jaar af te handel, waarna die vereiste twee jaar praktiese werkservaring by enige goedgekeurde kontrakteur in die land voltooi moet word voordat die aansoek vir die Nasionale N-Diploma in Siviele Ingenieurswese gedoen kan word.
Die kwalifikasie word in trimesters opgedeel. Elke N-vlak behels vier vakke wat suksesvol geslaag moet word. Daar word drie geleenthede per jaar gegee vir studente om ekstern eksamen te skryf. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Met die voltooiing van die N6-nasionale sertifikaat kan die student die bewyse van sy/haar werkservaringmodules, wat oor ’n tydperk van 24 maande geskied, inhandig sodat ’n aansoek vir die diploma ingedien kan word.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Bourekenmeester
- Landmeter
- Projekbestuurder
- Siviele ingenieur
- Lektor in Siviele Ingenieurswese
- Struktuurbestuurder
Koste-uitleg vir 2027
-
Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
-
12 maande teorie- en praktiese opleiding
-
Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- DEPOSITO
- VERBLYFREG TOT ORANIA
- VOLTOOING VAN DIE REGISTRASIEPROSES




10 hoogtepunte om na uit te sien by BKO-opedag, 12 en 13 Junie
Droom jy oor jou volgende stap ná skool? Dan is BKO se opedag op 12 en 13 Junie 2026 die ideale geleentheid om eerstehands te beleef wat die studentelewe én studeer in Orania alles bied.
BKO spit eerste sooi van werkwinkel-bouprojek
Bo-Karoo Opleiding (BKO) het op 8 Junie 2026 ‘n opwindende groeifase betree tydens die sooispitfunksie van hul werkwinkel- en klaskamerprojek op die BKO Technika-perseel in Orania.
Van konsep tot konstruksie! 🌉🛠️
Die Siviele Ingenieurs-studente het ‘n brugbouprojek aangepak waar spanwerk, beplanning en praktiese probleemoplossing behoorlik getoets is.