Nasionale N-diploma: Siviele Ingenieurswese
Hierdie nasionale diploma sal studente in staat stel om die bou- en siviele konstruksiebedryf op ‘n gevorderde vlak te betree, met die fokus op die verskillende dokumentasie en berekeninge wat daarmee gepaard gaan en die vermoë om opmetings en kosteberamings vir enige projek te kan doen. Die studente sal ook meer kennis dra oor hoe strukture soos brûe, paaie en wolkekrabbers beplan en gebou word, wat die bou- en siviele konstruksiebedryf in Suid-Afrika kan bevorder.
Kwalifikasie
- Nasionale N-diploma: Siviele Ingenieurswese N4 – N6, NKR-vlak 6, 360 krediete, SAQA-ID: 90674
Toelatingsvereistes
- Graad 12-kwalifikasie | NKR-vlak 4 in die konstruksiebedryf
- Graad 12-modules: Wiskunde en IGO (Ingenieursgrafika en -ontwerp)
Vakke
Bou- en struktuuropmeting
Bourekene
Bou-administrasie
Bou- en Struktuurkonstruksie
Opleidingsmodel
Opleiding geskied voltyds, waartydens teoretiese- en praktiese vaardigheidsmodules oor ‘n tydperk van een jaar, afhangend van die student se vermoë, aangebied word. Studente is verplig om alle teoretiese- en praktiese kontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse begin daagliks om 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur.
Hierdie model maak dit moontlik om die drie vlakke in een akademiese jaar af te handel, waarna die vereiste twee jaar praktiese werkservaring by enige goedgekeurde kontrakteur in die land voltooi moet word voordat die aansoek vir die Nasionale N-Diploma in Siviele Ingenieurswese gedoen kan word.
Die kwalifikasie word in trimesters opgedeel. Elke N-vlak behels vier vakke wat suksesvol geslaag moet word. Daar word drie geleenthede per jaar gegee vir studente om ekstern eksamen te skryf. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Met die voltooiing van die N6-nasionale sertifikaat kan die student die bewyse van sy/haar werkservaringmodules, wat oor ’n tydperk van 24 maande geskied, inhandig sodat ’n aansoek vir die diploma ingedien kan word.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Bourekenmeester
- Landmeter
- Projekbestuurder
- Siviele ingenieur
- Lektor in Siviele Ingenieurswese
- Struktuurbestuurder
Koste-uitleg vir 2027
-
Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
-
12 maande teorie- en praktiese opleiding
-
Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- DEPOSITO
- VERBLYFREG TOT ORANIA
- VOLTOOING VAN DIE REGISTRASIEPROSES




Jong entrepreneur verbreed sy kennisveld
By Bo-Karoo Opleiding sal ‘n jong entrepreneur ‘n ideale wegspringplek vind vir ‘n loopbaan as suksesvolle besigheidsman- of vrou.
Dít het Corné Cawthorn terdeë besef in die afgelope drie jaar van studies by Bo-Karoo Opleiding. Corné, afkomstig van Aliwal-Noord, is ‘n afgestudeerde Bou-en Siviele Konstruksie-student, en is tans besig met sy diploma in Siviele Ingenieurswese.
Van Elektries na diploma in Siviele Ingenieurswese
Annalene Booyens, afgestudeerde Elektries-student by Bo-Karoo Opleiding wat tans besig is met haar diploma in Siviele Ingenieurswese, beskou haar reis by BKO as ‘n wonderlike geleentheid om te help bou aan ‘n gemeenskap en ‘n hoopvolle toekoms. Voor sy haar tuiste in Orania gevind het, het Annalene in Bloemfontein gewoon en grootgeword, waar sy by Hoërskool Sand du Plessis gematrikuleer het. In 2022 het sy na Orania getrek om haar studies by BKO te begin.
Ek was deel van Bo-Karoo Opleiding!
“Bo-Karoo Opleiding het my die geleentheid gegee om buite my gemaksone te beweeg en as mens te groei,” sê Chané Barnard, ‘n trotse afgestudeerde van die Tuisversorging-kursus by Bo-Karoo Opleiding (BKO).