Nasionale N-diploma: Siviele Ingenieurswese
Hierdie nasionale diploma sal studente in staat stel om die bou- en siviele konstruksiebedryf op ‘n gevorderde vlak te betree, met die fokus op die verskillende dokumentasie en berekeninge wat daarmee gepaard gaan en die vermoë om opmetings en kosteberamings vir enige projek te kan doen. Die studente sal ook meer kennis dra oor hoe strukture soos brûe, paaie en wolkekrabbers beplan en gebou word, wat die bou- en siviele konstruksiebedryf in Suid-Afrika kan bevorder.
Kwalifikasie
- Nasionale N-diploma: Siviele Ingenieurswese N4 – N6, NKR-vlak 6, 360 krediete, SAQA-ID: 90674
Toelatingsvereistes
- Graad 12-kwalifikasie | NKR-vlak 4 in die konstruksiebedryf
- Graad 12-modules: Wiskunde en IGO (Ingenieursgrafika en -ontwerp)
Vakke
Bou- en struktuuropmeting
Bourekene
Bou-administrasie
Bou- en Struktuurkonstruksie
Opleidingsmodel
Opleiding geskied voltyds, waartydens teoretiese- en praktiese vaardigheidsmodules oor ‘n tydperk van een jaar, afhangend van die student se vermoë, aangebied word. Studente is verplig om alle teoretiese- en praktiese kontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse begin daagliks om 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur.
Hierdie model maak dit moontlik om die drie vlakke in een akademiese jaar af te handel, waarna die vereiste twee jaar praktiese werkservaring by enige goedgekeurde kontrakteur in die land voltooi moet word voordat die aansoek vir die Nasionale N-Diploma in Siviele Ingenieurswese gedoen kan word.
Die kwalifikasie word in trimesters opgedeel. Elke N-vlak behels vier vakke wat suksesvol geslaag moet word. Daar word drie geleenthede per jaar gegee vir studente om ekstern eksamen te skryf. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Met die voltooiing van die N6-nasionale sertifikaat kan die student die bewyse van sy/haar werkservaringmodules, wat oor ’n tydperk van 24 maande geskied, inhandig sodat ’n aansoek vir die diploma ingedien kan word.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Bourekenmeester
- Landmeter
- Projekbestuurder
- Siviele ingenieur
- Lektor in Siviele Ingenieurswese
- Struktuurbestuurder
Koste-uitleg vir 2027
-
Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
-
12 maande teorie- en praktiese opleiding
-
Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- DEPOSITO
- VERBLYFREG TOT ORANIA
- VOLTOOING VAN DIE REGISTRASIEPROSES




MEDIAVERKLARING:Leer-My-Hoe-Proefplaasbekendstelling
Op 18 Oktober het Bo-Karoo Opleiding (BKO) ʼn groot tree in die rigting van volhoubare landbou-opleiding gegee, met die bekendstelling van die Leer-My-Hoe-Proefplaas…
BKO-alumni baan die weg na sukses
Bo-Karoo Opleiding (BKO) staan bekend as ’n baken van kennis en geleentheid. Die instelling stuur studente die wêreld in as onafhanklike en selfstandige ambassadeurs van Orania…
Landboustudente woon plaasveiligheidkursus by
Plaasveiligheid en die vaardighede wat daarmee saamgaan is deel van ons lansbougemeenskap se lewe in Suid-Afrika. Om seker te maak ons studente is ook op hierdie gebied toegerus…