Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Nasionale N-diploma: Siviele Ingenieurswese

Hierdie nasionale diploma sal studente in staat stel om die bou- en siviele konstruksiebedryf op ‘n gevorderde vlak te betree, met die fokus op die verskillende dokumentasie en berekeninge wat daarmee gepaard gaan en die vermoë om opmetings en kosteberamings vir enige projek te kan doen. Die studente sal ook meer kennis dra oor hoe strukture soos brûe, paaie en wolkekrabbers beplan en gebou word, wat die bou- en siviele konstruksiebedryf in Suid-Afrika kan bevorder.

Kwalifikasie

Toelatingsvereistes

Vakke

Bou- en struktuuropmeting

Bourekene

Bou-administrasie

Bou- en Struktuurkonstruksie

Opleidingsmodel

Opleiding geskied voltyds, waartydens teoretiese- en praktiese vaardigheidsmodules oor ‘n tydperk van een jaar, afhangend van die student se vermoë, aangebied word. Studente is verplig om alle teoretiese- en praktiese kontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse begin daagliks om 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur.

Hierdie model maak dit moontlik om die drie vlakke in een akademiese jaar af te handel, waarna die vereiste twee jaar praktiese werkservaring by enige goedgekeurde kontrakteur in die land voltooi moet word voordat die aansoek vir die Nasionale N-Diploma in Siviele Ingenieurswese gedoen kan word.

Die kwalifikasie word in trimesters opgedeel. Elke N-vlak behels vier vakke wat suksesvol geslaag moet word. Daar word drie geleenthede per jaar gegee vir studente om ekstern eksamen te skryf. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.

Met die voltooiing van die N6-nasionale sertifikaat kan die student die bewyse van sy/haar werkservaringmodules, wat oor ’n tydperk van 24 maande geskied, inhandig sodat ’n aansoek vir die diploma ingedien kan word.

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Koste-uitleg vir 2027

R 19 656 (per N) Elke N is betaalbaar in 3 paaiemente (finansiering is beskikbaar)
  • Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
  • 12 maande teorie- en praktiese opleiding
  • Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Leer-My-Hoe Proefplaas vier eerste verjaarsdag

‘n Jaar het verbygevlieg vandat Bo-Karoo Opleiding hul heel eerste proefplaas, genaamd die Leer-My-Hoe Proefplaas, bekendgestel het. BKO se boerderybestuurstudente en -lektore het hard gewerk om die proefplaas op die voete en aan die gang te kry en die proefplaas is verlede jaar op 18 Oktober aan die dorp en publiek bekendgestel.

Lees Meer »

Steenwerk Vakmanuitdaging 2024 by Orania Karnaval – ‘n Suksesvolle Kompetisie!

Bo-Karoo Opleiding het weer die gewilde Steenwerk Vakmanuitdaging aangebied tydens die Orania Karnaval, en ons is trots om die talentvolle deelnemers en borge uit te lig. Vanjaar het 11 spanne, elk bestaande uit ‘n bouer en ‘n handlanger, mekaar die stryd aangesê. Ten spyte van die heerlike reën wat die karnaval verfris het, het dit nie die passie en kompeterende gees van die bouers geblus nie. Elke span het gebou volgens ‘n plan ontwerp deur Cornè Cawthorn van Ora Ligte Staal, met sand wat geborg is deur Wilco. Die prysgeld is 50/50 geborg deur die Orania Dorpsraad en Bo-Karoo Opleiding.

Lees Meer »

Neem kennis!

BKO is verbind tot relevante en gehalte-opleiding wat in lyn is met nasionale vereistes. As deel hiervan is sekere programme tans in ’n oorgangsfase en word hersien volgens regulatoriese riglyne op instruksie van Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) en Quality Council For Trades & Occupations (QCTO). Voornemende studente kan egter gerus wees dat BKO deurlopend fokus op prakties en toepaslike opleiding wat aan bedryfsvereistes voldoen.

Inskrywings vir 2027: BKO aanvaar voorlopige aansoeke vir 2027 vanaf 1 Mei 2026. Let asseblief daarop dat finale bevestiging van inskrywings onderhewig is aan nasionale regulatoriese prosesse en die tydlyne vir die implementering van hersiene of alternatiewe kwalifikasies, indien van toepassing.

Kontak ons gerus indien jy enige verdere navrae het in hierdie verband.