Intermediêre Noodhulp
Intermediêre noodhulp bou voort op basiese noodhulp en rus jou toe om ’n groter verskeidenheid mediese, trauma- en omgewingsnoodgevalle sistematies te hanteer. Die program fokus op veilige toneelbestuur, ’n deeglike primêre en sekondêre pasiëntberaming, die stabilisering van ernstige beserings en mediese toestande, deurlopende monitering en die korrekte oorhandiging van die pasiënt aan professionele nooddienste.
Kwalifikasie
- QCTO-Beroepsvaardigheidsprogram: Intermediêre Noodhelper, NKR-vlak 3, 5 krediete, Vaardigheidsprogram ID: SP-230802
Toelatingvereistes
- ’n Vaardigheidsertifikaat in Basiese Noodhulp, NKR-vlak 2, word as toelatingsvereiste vereis
- Studente moet aan die aanlynleerkomponent en die verpligte praktiese kontaksessies in Orania kan deelneem
- Basiese digitale vaardighede
Onderwerpelemente
- Veilige bestuur van die noodtoneel, primêre en sekondêre pasiëntberaming, vitale tekens,
herberaming en deurlopende monitering. - KPR vir volwassenes, kinders en babas, veilige AED-gebruik en die hantering van verstikking.
- Beheer van ernstige bloeding, wondversorging, skok en bewusteloosheid.
- Hantering van kop- en ruggraatbeserings, bors-, buik- en bekkenbeserings, asook frakture en immobilisering.
- Hantering van brandwonde en hitte- en kouestres.
- Herkenning en hantering van mediese noodgevalle soos hartstilstand of hartaanval, beroerte, anafilakse, diabetiese noodgevalle en aanvalle.
- Hantering van waternoodgevalle, vergiftiging, byte en steke, en die beperking van blootstellingsrisiko by aansteeklike siektes.
- Kommunikasie, rekordhouding, voorvalverslaggewing, pasiëntoorhandiging en veilige opruiming van die noodtoneel.
- Veilige benadering tot ‘n noodtoneel en die aanvanklike pasiëntberaming.
- KPR vir volwassenes, kinders en babas en die veilige gebruik van ’n AED.
- Hantering van verstikking en asemnood.
- Beheer van bloeding en basiese sorg van wonde en brandwonde.
- Hantering van bewusteloosheid, die herstelposisie.
- Hantering van basiese traumabeserings.
- Kommunikasie met omstanders en nooddienste.
- Pasiëntoorhandiging en die veilige opruiming van die noodtoneel.
- Geen werkservaringmodule word vereis nie.
Aanbieding
Fase 1 – Aanlyn Teorie
Studente voltooi die teoretiese kennismodule op BKO se leerplatform. Die aanlyn deel verdiep die beginsels van intermediêre noodhulp, pasiëntberaming, anatomie en fisiologie, mediese en trauma-noodgevalle, omgewingsnoodgevalle, kommunikasie en pasiëntmonitering. Dit sluit begeleide leeraktiwiteite en formatiewe assessering in.
Fase 2 – Praktiese opleiding in Orania
Die kennis word tydens verpligte praktiese kontaksessies in Orania toegepas. Studente werk deur realistiese mediese, trauma- en omgewingscenario’s en oefen sistematiese pasiëntberaming, KPR en AED-gebruik, bloedingbeheer, immobilisering, wond- en brandwondsorg, die hantering van mediese noodgevalle, monitering en pasiëntoorhandiging. Die presiese kontaktyd word per inneming bevestig.
Fase 3 – Assessering en FISA
Studente moet die vereiste interne assesserings suksesvol voltooi voordat hulle die Final Integrated Supervised Assessment (FISA) aflê. Die FISA is ’n praktiese assessering onder toesig waarin die programuitkomste geïntegreerd in mediese, trauma- en omgewingscenario’s gedemonstreer word, met mondelinge vrae oor ingebedde kennis waar toepaslik. ’n Tipiese FISA duur ongeveer 2–3 uur.
tYDLYN
Fase 1 – Verdiep jou kennis aanlyn (2-3 weke): Bemeester die beginsels van intermediêre noodhulp, uitgebreide pasiëntberaming, anatomie en fisiologie, asook mediese, trauma- en omgewingsnoodgevalle op BKO se leerplatform.
Fase 2 – Oefen prakties (2 dae – 08:00-17:00): Kom na Orania en pas intermediêre noodhulp in realistiese mediese, trauma- en omgewingsgevallestudies toe.
Fase 3 – Demonstreer bekwaamheid (2-3 ure): Voltooi die vereiste interne assesserings en die Finale Integreerde Summatiewe Assessering (FISA) onder toesig.
Fase 4 – Sertifisering (word bepaal deur QCTO onafhanklik van BKO): Bewyse van suksesvolle voltooiing word volgens die QCTO-proses vir die vaardigheidsprogramsertifikaat ingedien.
Opleidingsmodel
Die Intermediêre Noodhulp-program volg ’n opleidingsmodel van gemengde leer. Die program bestaan uit 5 krediete (ongeveer 50 leerure) en kombineer:
- Aanlyn teoretiese leer en begeleide selfstudie
- Praktiese vaardigheidsopleiding en scenario-oefening in Orania
- Deurlopende en interne summatiewe assessering
- Final Integrated Supervised Assessment (FISA)
Die praktiese kontaksessies en die FISA moet fisies bygewoon word. Die presiese kalender en kontaktyd word per inneming bevestig.
Aanbieding geskied hoofsaaklik in Afrikaans.
SERTIFISERING
Wanneer die studente die program en die vereiste assesserings suksesvol voltooi het, word bewyse volgens die toepaslike QCTO-proses vir sertifisering ingedien. Die vaardigheidsprogramsertifikaat word deur die QCTO uitgereik, onderhewig aan die vereiste administratiewe en gehalteversekeringsprosesse.
VIR WIE IS HIERDIE KURSUS?
Hierdie kursus is geskik vir persone wat reeds Basiese Noodhulp voltooi het en hul kennis en praktiese vaardighede wil verdiep. Dit is veral nuttig vir noodhelpers in die werkplek, veiligheidsverteenwoordigers, toesighouers, personeel in vervaardiging en konstruksie, onderwys- en versorgingspersoneel, sportafrigters en ander persone wat gereeld verantwoordelikheid vir die veiligheid van ander dra.
HOEKOM MOET JY INTERMEDIÊRE NOODHULP OORWEEG?
◊ Hanteer meer komplekse noodgevalle: Leer hoe om ’n pasiënt sistematies te beraam, ernstige toestande te herken, toepaslike noodhulp te verleen en die pasiënt se toestand deurlopend te monitor.
◊ Brei jou trauma- en mediese noodhulpvaardighede uit: Die kursus dek onder meer ernstige bloeding, kop- en ruggraatbeserings, bors- en buikbeserings, frakture, hartnoodgevalle, beroerte, anafilakse en diabetiese noodgevalle.
◊ Oefen realistiese gevallestudies: Praktiese opleiding help jou om onder druk besluite te neem, vaardighede korrek toe te pas en doeltreffend met nooddienste saam te werk.
◊ Bou voort op jou QCTO-noodhulpopleiding: Intermediêre Noodhulp is die volgende vlak ná Basiese Noodhulp en ontwikkel ’n breër en meer gevorderde noodreaksievermoë.
Koste-uitleg vir 2026
Afslagtariewe beskikbaar vir groepe van 15 persone-
Leermateriaal
-
Assesseringsfooie
-
Sertifiseringsadministrasie
-
Gebruik van die nodige noodhulptoerusting
-
Verblyf (indien benodig) moet self gereël word
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- VOLTOOING VAN DIE REGISTRASIEPROSES




’n Dag in die lewe van ’n versorger
In die aande klim Carina vroeg in die bed, al wil sy eintlik gaan kuier. Sy moet maar, want tannie Marie het haar môre nodig by die tehuis. So sy stel agt alarms vir die volgende oggend. Sy slaap deur sewe en skrik wakker met die laaste klanke van die agtste alarm.
BKO lei roepinggedrewe tuisversorgers vir hul loopbaan op
Die hart van ‘n gemeenskap word geken aan die hande en voete wat bereid is om te dien, veral die weerlose oumense en siekes onder hulle.
Om mense te versorg is ‘n roeping. Nie net moet jy die hart hê om dit te doen nie, maar die nodige kennis en vaardighede is ook krities belangrik om seker te maak dat uitstekende sorg verleen word.
Tuisversorging as Christelike roeping
Die Christen-tuisversorger het ‘n besondere roeping voor die Here. Die Here gee in sy genade altyd gawes wat by ‘n spesifieke nood pas.