Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

TUISVERSORGING

Bo-Karoo Opleiding bied ’n uitstekende kursus in Tuisversorging aan vir diegene wat ’n verskil in ander se lewens wil maak. Die kursus is vanaf Augustus 2022 by die QCTO geakkrediteer en staan bekend as Occupational Certificate: Home-Based Personal Care (SAQA 104792). Die Tuisversorgingkwalifikasie is ’n jaar lange kursus wat in Orania aangebied word.

Kwalifikasie

Toelatingvereistes

Modules

Opleidingsmodel

Die doel van hierdie kwalifikasie is om ’n student voor te berei om as ’n tuisgebaseerde versorger te funksioneer. Tuisgebaseerde versorgers verskaf sorg en ondersteuning – onder toesig – aan pasiënte en hul onmiddellike gesins-/huishoudingslede in die huis en in toepaslike gemeenskapsgebaseerde instellings. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar sekere studiemateriaal word slegs in Engels uitgereik.

Die kwalifikasie in Tuisversorging is ’n jaarkursus wat uit drie komponente bestaan: teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules. Die teoretiese komponent word deur ’n ervare, geregistreerde verpleegkundige aangebied in ’n moderne en toegeruste lesinglokaal. Praktiese vaardighede word ingeoefen in ‘n simulasielaboratorium en verder verfyn deur middel van werkservaring. Die werkservaringmodules word in diens van die gemeenskap aangewend. Studente is verplig om alle kontaksessies, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle sal behandel, by te woon. Klasse begin daagliks 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur. Die werkservaringmodules word onder toesig van ervare personeel in Orania verrig.

Daar word van studente verwag om op ‘n deurlopende basis ‘n werksverklaring van die werk wat hulle verrig, by te hou. Die werksverklaring word gemodureer, deur QCTO wat deur HWSETA geadministreer word, wat as bewys dien dat voorgeskrewe werkservaring bereik is.  Nadat die studente die eksterne eksamen geslaag het, kan hulle as tuisversorger praktiseer.

VIR WIE IS HIERDIE KURSUS?

Die kursus in tuisversorging is ideaal vir ’n persoon wat ’n sterk roeping het om ander mense te help. Die tuisversorger is ’n toegewyde persoon met goeie mense verhoudinge en kommunikasievaardighede. ’n Belangstelling in gesondheidswetenskappe en versorging is aan te beveel. Universiteits- of hoërsertifikaatvrystelling sowel as Lewenswetenskappe as skoolvak is nie ’n vereiste nie.

HOEKOM MOET JY TUISVERSORGING OORWEEG?

Tuisversorging is ’n beroep wat hoog in aanvraag is. ’n Kwalifikasie in Tuisversorging bied jou plaaslike en internasionale werksgeleenthede in hospitale, ouetehuise, aftreeoorde, pasiënte se huise, tuisversorgingsagentskappe, dagsorgsentrums; jy kan ook werk kry as ’n kinderoppasser (au pair). ’n Gekwalifiseerde tuisversorger kan  ook kies om privaat versorging onder toesig van ’n geregistreerde verpleegkundige te doen.

Die kwalifikasie sal leerders verder kan voorberei vir die volwasse lewe. Die kursus dien as goeie voorbereiding vir diegene wat verpleging as beroep oorweeg.

Koste-uitleg vir 2027

R 32 086 Betaalbaar in 10 paaiemente (finansiering is beskikbaar)
  • Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
  • 12 maande teorie- en praktiese opleiding
  • Uniformkoste is uitgesluit
  • Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Van Elektries na diploma in Siviele Ingenieurswese

Annalene Booyens, afgestudeerde Elektries-student by Bo-Karoo Opleiding wat tans besig is met haar diploma in Siviele Ingenieurswese, beskou haar reis by BKO as ‘n wonderlike geleentheid om te help bou aan ‘n gemeenskap en ‘n hoopvolle toekoms. Voor sy haar tuiste in Orania gevind het, het Annalene in Bloemfontein gewoon en grootgeword, waar sy by Hoërskool Sand du Plessis gematrikuleer het. In 2022 het sy na Orania getrek om haar studies by BKO te begin.

Lees Meer »

Ek was deel van Bo-Karoo Opleiding!

“Bo-Karoo Opleiding het my die geleentheid gegee om buite my gemaksone te beweeg en as mens te groei,” sê Chané Barnard, ‘n trotse afgestudeerde van die Tuisversorging-kursus by Bo-Karoo Opleiding (BKO).

Lees Meer »

Jong werkende se hart lê in Orania

Mikyla Weideman, ’n plaasdogter van Daniëlskuil, glo haar toekoms sal altyd verweef bly met Orania – die plek wat haar die geleentheid gegee het om te groei en haarself te vind.

In 2023 was Mikyla op die punt om na Bloemfontein te verhuis om sielkunde te studeer. Haar ma het egter voorgestel dat sy na Orania toe kom om as tuisversorger opgelei te word.

Lees Meer »