TUISVERSORGING
Bo-Karoo Opleiding bied ’n uitstekende kursus in Tuisversorging aan vir diegene wat ’n verskil in ander se lewens wil maak. Die kursus is vanaf Augustus 2022 by die QCTO geakkrediteer en staan bekend as Occupational Certificate: Home-Based Personal Care (SAQA 104792). Die Tuisversorgingkwalifikasie is ’n jaar lange kursus wat in Orania aangebied word.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Tuisversorging, NKR-vlak 3, 135 krediete, SAQA ID: 104792
Toelatingvereistes
- Graad 12-kwalifikasie
Modules
◊ Fundamentele beginsels van tuisversorging: etiese raamwerk waarbinne versorging plaasvind.
◊ Basiese anatomie en fisiologie en siekteproses, holistiese beraming (fisies, psigies, sosiaal en geestelik) van die pasiënt, identifisering van versorgingsbehoeftes en opstel en implementering van ’n pasiëntgesentreerde sorgplan, gemeenskapgesondheidsorg en maatskaplike bepalers van gesondheid, konsepte en beginsels van effektiewe rekordering.
◊ Rehabilitasiesorg: versorging- en ondersteuningstelsel vir gestremdes, hantering van komplikasies, verwysingsnetwerke en huishoudelike probleme.
◊ Terapeutiese sorg: hantering van fisiese en emosionele ongesteldhede, basiese psigiese ongesteldhede, nie-oordraagbare siektes, oordraagbare siektes en algemene siektetoestande.
◊ Ondersteunende en palliatiewe sorg: bejaardesorg, hantering van terminale siektes en bevordering van lewenskwaliteit, beraming en hantering van pyn.
◊ Beraming en identifiseer die behoeftes van pasiënte en familie-/huishoudingslede, en ontwikkel/opdateer ’n gestandaardiseerde sorgplan in samewerking met ’n professionele toesighouer;
◊ Identifiseer en rapporteer deurlopend oor moontlike behoeftes van pasiënte en familie-/huishoudingslede;
◊ Implementeer gedelegeerde komponente van die sorgplan (huishouding en pasiënt);
◊ Lig pasiënte en familie-/huishoudingslede in oor spesifieke gesondheids-/sosiale toestande, implikasies en beginsels van sorg (om pasiënte in staat te stel om ingeligte besluite te neem)
◊ Bemagtig pasiënte/familie-/huishoudingslede in basiese praktiese sorgvaardighede;
◊ Rekordering van deurlopende sorg.
◊ Addisionele kursusse voeg waarde toe tot die basiese kursus. ‘n Kursus in Kommunikasie word byvoorbeeld by die kurrikulum ingesluit.
◊ Intreevlak noodhulp
◊ Werkservaring word opgedoen in Orania by Karoosig Aftree-oord, primêre gesondheidskliniek en tuisbesoeke in die gemeenskap. Dit sluit die versorging van bejaardes, kwesbares, babas en kleuters, en gestremdes in.
◊ Werk word onder die toesig van geregistreerde maatskaplike werkers en geregistreerde verpleegkundiges gedoen.
Opleidingsmodel
Die doel van hierdie kwalifikasie is om ’n student voor te berei om as ’n tuisgebaseerde versorger te funksioneer. Tuisgebaseerde versorgers verskaf sorg en ondersteuning – onder toesig – aan pasiënte en hul onmiddellike gesins-/huishoudingslede in die huis en in toepaslike gemeenskapsgebaseerde instellings. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar sekere studiemateriaal word slegs in Engels uitgereik.
Die kwalifikasie in Tuisversorging is ’n jaarkursus wat uit drie komponente bestaan: teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules. Die teoretiese komponent word deur ’n ervare, geregistreerde verpleegkundige aangebied in ’n moderne en toegeruste lesinglokaal. Praktiese vaardighede word ingeoefen in ‘n simulasielaboratorium en verder verfyn deur middel van werkservaring. Die werkservaringmodules word in diens van die gemeenskap aangewend. Studente is verplig om alle kontaksessies, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle sal behandel, by te woon. Klasse begin daagliks 08:00 en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:00 duur. Die werkservaringmodules word onder toesig van ervare personeel in Orania verrig.
Daar word van studente verwag om op ‘n deurlopende basis ‘n werksverklaring van die werk wat hulle verrig, by te hou. Die werksverklaring word gemodureer, deur QCTO wat deur HWSETA geadministreer word, wat as bewys dien dat voorgeskrewe werkservaring bereik is. Nadat die studente die eksterne eksamen geslaag het, kan hulle as tuisversorger praktiseer.
VIR WIE IS HIERDIE KURSUS?
Die kursus in tuisversorging is ideaal vir ’n persoon wat ’n sterk roeping het om ander mense te help. Die tuisversorger is ’n toegewyde persoon met goeie mense verhoudinge en kommunikasievaardighede. ’n Belangstelling in gesondheidswetenskappe en versorging is aan te beveel. Universiteits- of hoërsertifikaatvrystelling sowel as Lewenswetenskappe as skoolvak is nie ’n vereiste nie.
HOEKOM MOET JY TUISVERSORGING OORWEEG?
Tuisversorging is ’n beroep wat hoog in aanvraag is. ’n Kwalifikasie in Tuisversorging bied jou plaaslike en internasionale werksgeleenthede in hospitale, ouetehuise, aftreeoorde, pasiënte se huise, tuisversorgingsagentskappe, dagsorgsentrums; jy kan ook werk kry as ’n kinderoppasser (au pair). ’n Gekwalifiseerde tuisversorger kan ook kies om privaat versorging onder toesig van ’n geregistreerde verpleegkundige te doen.
Die kwalifikasie sal leerders verder kan voorberei vir die volwasse lewe. Die kursus dien as goeie voorbereiding vir diegene wat verpleging as beroep oorweeg.
Koste-uitleg vir 2027
-
12 maande teorie- en praktiese opleiding
-
Uniformkoste is uitgesluit
-
Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- DEPOSITO
- VERBLYFREG TOT ORANIA
- VOLTOOING VAN DIE REGISTRASIEPROSES




Laat aansoeke is nog oop!
Oorweeg jy dit om nog in 2026 met jou studiereis weg te spring? Dit is nog nie te laat nie – jy kan tot 16 Januarie 2026 vir een van BKO se puik kwalifikasies aansoek doen!
BKO versterk sy bemarkingspan
Shakita kom van Somerset Wes en het onlangs haar BCom Digitale Bemarking by Stadio Universiteit in Bellville voltooi.
BKO verwelkom vir Karin Bain terug in ons midde
Karin is geen onbekende by BKO nie. Sy was reeds voltyds deel van die span van 2021 tot 2023, en het in 2024–2025 steeds deeltyds betrokke gebly.