TUISVERSORGING

Bo-Karoo Opleiding bied ’n uitstekende kursus in Tuisversorging aan vir diegene wat ’n verskil in ander se lewens wil maak. Die kursus is vanaf Augustus 2022 by die QCTO geakkrediteer en staan bekend as Occupational Certificate: Home-Based Personal Care (SAQA 104792). Die Tuisversorgingkwalifikasie is ’n jaar lange kursus wat in Orania aangebied word.

Kwalifikasie

Toelatingvereistes

Modules

Opleidingsmodel

Die doel van hierdie kwalifikasie is om ‘n student voor te berei om as ‘n tuisgebaseerde versorger te funksioneer. Tuisgebaseerde versorgers verskaf sorg en ondersteuning – onder toesig – aan pasiënte en hul onmiddellike gesins-/huishoudingslede in die huis en in toepaslike gemeenskapsgebaseerde instellings. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar sekere studiemateriaal word slegs in Engels uitgereik.

Die kwalifikasie in Tuisversorging bestaan uit drie komponente: akademiese modules, praktiese modules en werkgebaseerde modules. Die akademiese komponent word deur ’n ervare, geregistreerde verpleegkundige aangebied in ’n moderne en toegeruste lesinglokaal. Praktiese vaardighede word ingeoefen in ‘n simulasielaboratorium en verder verfyn deur middel van werkservaring. Die praktiese modules word in diens van die gemeenskap aangewend. Studente is verplig om alle kontaksessies, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle sal behandel, by te woon. Klasse neem daagliks tussen 08:00 en 09:00 in aanvang en kan met inbegrip van pouses en middagete tot 16:30 duur. Die werkgebaseerde opleiding geskied onder toesig van ervare personeel en kan in Orania of elders (by goedgekeurde instansies) verrig word.

Daar sal van alle studente verwag word om op ʼn deurlopende basis ʼn portefeulje van die werk wat hulle verrig het, by te hou. Hierdie portefeulje sal by die SETA ingehandig word as bewys dat die voorgeskrewe leerinhoud bemeester is. Nadat ‘n student die eksterne eksamen geslaag het, registreer hulle by die departement van maatskaplike ontwikkeling as ‘n tuisversorger

VIR WIE IS HIERDIE KURSUS?

Bo-Karoo Opleiding bied ’n uitstekende kursus in Tuisversorging aan vir diegene wat ’n verskil in ander se lewens wil maak. Die kursus is vanaf Augustus 2022 by die QCTO geakkrediteer en staan bekend as Occupational Certificate: Home-Based Personal Care (SAQA 104792). Die Tuisversorgingkwalifikasie is ’n jaar lange kursus wat in Orania aangebied word.

HOEKOM MOET JY TUISVERSORGING OORWEEG?

Tuisversorging is ’n beroep wat hoog in aanvraag is. ’n Kwalifikasie in Tuisversorging bied jou plaaslike en internasionale werksgeleenthede in hospitale, ouetehuise, aftreeoorde, tuisversorgingsagentskappe, dagsorgsentrums; jy kan ook werk kry as ‘n kinderoppasser (au pair). ’n Gekwalifiseerde tuisversorger kan ook kies om privaat versorging onder toesig van ’n geregistreerde verpleegkundige te doen.

Dié kwalifikasie sal leerders verryk ongeag of hulle ’n beroep as tuisversorger wil volg, of nie. Au pair-werk is ideaal en ons beveel dit graag aan as ’n diensjaar óf as ’n oorbruggingsjaar vir diegene wat pas hul skoolopleiding voltooi het, maar nog nie seker is wat hulle wil doen nie.

Studiekoste vir 2025

Eerstejaars

Die registrasiefooi vir

eerstejaars vir die jaar is R2 700.

Die totale studiekoste vir

eerstejaars vir die jaar is R24 499.

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Die toekoms van beroepsopleiding

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ‘n privaat, nie-winsgewende beroepsopleidingsinstelling wat deel vorm van die Solidariteit Beweging. Met ‘n aanvanklike groep van meer as 110 studente in 2023, bied die instelling ‘n unieke benadering tot opleiding wat studente blootstel aan ‘n plattelandse gevoel en ervaring…

Lees Meer »

Eerste daghuis bekendstelling

Ons het op 7 Junie 2023 ons eerste daghuis, Heldehuis, amptelik bekendgestel en die Heldehuis-skild onthul. Heldehuis is geskep om studente wat gebruik maak van private behuising buite BKO die geleentheid…

Lees Meer »