Stel jy belang om meer te weet?

Bespreek 'n kampustoer

Koshuisverblyf vir 2027

Eerstejaarskamp 2027

Skryf in

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Basiese Tuisversorging

Basiese tuisversorgers voorsien basiese fisiese en emosionele ondersteuning aan pasiënte en hul gesinne of huishouding in versorgingsinstansies en eie wonings. Hulle werk onder direkte toesig van ’n professionele verpleegkundiges.

Kwalifikasie

Toelatingvereistes

Modules

Aanbieding

Fase 1: Aanlyn Teorie: Die program skop af met ’n aanlyn oriëntering. Tydens Teorie Module 1 bemeester studente die beginsels van tuisversorging in hul eie tyd op BKO se leerplatform, ondersteun deur ’n geregistreerde verpleegkundige. Hierdie fase bied al die nodige agtergrondskennis wat vereis word vir die opvolgende praktiese blok.

Fase 2: Praktiese Blok in Orania: Hierdie kontaksessies in Orania strek oor vyf weke. Die kennis wat in die aanlynmodules opgedoen is, word in ’n simulasielaboratorium toegepas en die praktiese vaardighede van tuisversorging word deeglik ingeoefen. In die laaste week in Orania lê studente die interne teoretiese en praktiese eksamens af. Studente wat nie in Orania woon nie, sal ondersteun word met kontakbesonderhede om verblyf te reël.

Fase 3: Werkervaring: Hierna volg drie maande werkervaring in die student se tuisdorp of gemeenskap, waar hulle minstens tien pasiënte onder toesig van ’n geregistreerde verpleegkundige prakties versorg. Gedurende hierdie fase stel studente ’n werksverklaring op met bewyse wat hul groei en ervaring weerspieël.

Fase 4: Registrasie en EISA-Eksamen: Indien studente suksesvol is, word hulle geregistreer vir die EISA-eksamen, wat twee keer per jaar landswyd by geakkrediteerde HWSETA-assesseringsentrums geskryf word.

tYDLYN

31 Augustus 2026 om 19:00: Aanlyn verwelkoming en oriëntering

1 September – 23 Oktober 2026: Aanlynleer op BKO se leerplatform

26 Oktober – 20 November 2026: Praktiese blok in Orania. (Maandag tot Vrydag van 08:00-16:00. Naweke is klasvry, maar kan moontlik take insluit.)

23 November 2026: Interne teoretiese eksamen

25 November 2026: Interne praktiese eksamen

26 November 2026: Voorbereiding vir eksterne eksamen

1 Desember 2026 – 27 Februarie 2027: Drie maande versorging in eie tuisdorp/gemeenskap

Registrasie vir Eksterne Integreerde Summatiewe Assessering (EISA): Datums vir registrasie en die eksterne eksamens word deur die QCTO bepaal en sal mettertyd bevestig word.

Opleidingsmodel

Die basiese tuisversorger-program volg ’n hibriede opleidingsmodel oor ses maande wat drie komponente insluit:

  1. Teoretiese opleiding (aanlynstudie)
  2. Praktiese opleiding (simulasielaboratorium)
  3. Werkservaring (versorging in ’n goedgekeurde werksplek)

Klasse word in Afrikaans aangebied, maar sekere studiemateriaal word slegs in Engels uitgereik.

Na suksesvolle voltooiing kan studente as tuisversorgers onder toesig praktiseer en verder studeer vir die volledige Tuisversorging-beroepsertifikaat.

** Studente wat die praktiese blok bywoon moet hul verblyf vir die praktiese opleiding in Orania self reël. Kontakbesonderhede vir moontlike verblyf sal voorsien word.

** Werkservaring word gedoen onder toesig van ’n geregistreerde verpleegkundige in goedgekeurde werkplekke waarmee BKO ’n diensvlakooreenkoms het.

VIR WIE IS HIERDIE KURSUS?

Hierdie kursus is ideaal vir iemand met geduld, deernis en ’n hart vir mense. Mense wat op praktiese vaardighede wil fokus sal baat vind by hierdie kursus. Dit bied ’n volhoubare loopbaan en ’n manier om waardigheid, ondersteuning en hoop na jou gemeenskap te bring.

HOEKOM MOET JY TUISVERSORGING OORWEEG?

◊  ’n Groeiende aanvraag vir tuisversorging: Die behoefte aan tuisversorging neem jaarliks toe, veral onder bejaardes, kinders en persone met gestremdhede. Die klem val toenemend daarop om bejaardes so lank as moontlik onafhanklik, waardig en deel van hul gemeenskap te hou. Dit skep ’n groeiende vraag na opgeleide tuisversorgers wat hierdie belangrike ondersteuning kan bied.

◊  Wye werksgeleenthede en stabiliteit: As basiese tuisversorger kan jy by ’n versorgingsinstansie, soos ’n ouetehuis, werksaam wees of privaat versorging in pasiënte se huise lewer — altyd onder toesig van ’n geregistreerde verpleegkundige. Hierdie veld bied stabiliteit, groei en betekenisvolle werk waar jy regtig ’n verskil maak.

◊  ’n Loopbaan met betekenis: Hierdie kwalifikasie bied jou die geleentheid om jou te bekwaam in ’n beroep waar waardigheid, menswaardigheid en diens aan ander voorop staan. Jy leer praktiese en emosionele versorgingsvaardighede wat jou werkspad en jou passie versterk.

◊  Selfstandigheid en vryheid: By BKO glo ons dat ware vryheid begin by die regte opleiding en die vrug van jou eie arbeid. Hierdie kwalifikasie gee jou die gereedskap om ekonomies selfvoorsienend te wees, sodat jy met trots jou eie toekoms kan vorm deur die werk van jou eie hande.

Koste-uitleg vir 2027

R 16 842 Betaalbaar in 6 paaiemente (finansiering is beskikbaar)
  • Deposito van R2 500 is vooraf betaalbaar
  • 6 maande teorie- en praktiese opleiding
  • Uniform is uitgesluit
  • Verblyf (indien benodig) moet self gereël word

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

BKO is ses!

Wat kan werklik binne ses jaar gebeur? BAIE! Met agt gehalte kwalifikasies, 24 personeellede, 205 studente en verskeie planne in sy agtersak, lê daar ‘n hoopvolle toekoms vir elke student op die horison voor!

Lees Meer »

Klopdisselboom toekoms met loodgieter-kwalifikasie

BKO se beroepskwalifikasie as loodgieter bied meer as net die teorie in die handboek en hande vuil maak tydens die praktiese toepassing– dié kwalifikasie fokus op werksgereedheid en die bou van uitstekende vaardighede vir die wêreld van werk. Boonop bied die beroep verskeie moontlikhede!

Lees Meer »