LOODGIETER
Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om as loodgieter aan die behoeftes en uitdagings van die huidige loodgieterindustrie te voldoen. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede om in verskeie omgewings koue- en warmwatertoevoerstelsels, dreinering-, riool- en reënwaterstelsels te installeer, te onderhou, te toets en te herstel.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Loodgieter, NKR-vlak 4, 360 krediete, SAQA ID: 91782
Toelatingsvereistes
- Graad 12-kwalifikasie
- Goeie fisiese gesondheid
Modules
LEES EN INTERPRETASIE VAN BOUPLANNE
DIENSTE EN AANSLUITINGS
INSTALLERING VAN ALLE SANITÊRE GERIEWE
PLAATMETAALWERK (BYVOORBEELD GEUTE/VOEGSKORTING)
Riolering
BEROEPSgesondheid en -VEILIGHEID
BOUREGULASIES
Pypwerk
EN NOG MEER…
Opleidingsmodel
Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van 36 maande afwissel. Studente is verplig om die 18 maande teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks 08:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese vaardigheids fases sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by goedgekeurde loodgieter kan verrig vir die oorblywende 18 maande. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Gedurende die laaste vier maande van die student se werksplek ervaringstydperk, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.
VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL
VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL
HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:
- ventilasiestelsels en sanitêrewaretoestelle te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel;
- ondergrondse dreineringstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel, asook om basiese bouwerk te doen;
- koue- en warmwaterstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel;
- reënwaterstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Loodgieter in die residensiële, kommersiële en industriële omgewing
- Loodgieter in die bou- en konstruksiebedryf
- Voorman
- Projekbestuurder
- Lektor by ‘n opleidingsinstansie
- Eienaar van eie loodgietersbesigheid
Die registrasiefooi vir
eerstejaars vir die jaar is R2 700.
Die totale studiekoste vir
eerstejaars vir die jaar is R54 450.
* Kosteverhogings geskied jaarliks
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- REGISTRASIEFOOI
- TOELATINGSTOETS
- VERBLYFREG TOT ORANIA
Noord-Kaap-streek bring nuwe lewe in landbou-opleiding
By Bo-Karoo Opleiding word daar gefokus op die gehalteopleiding en -opvoeding van studente. Hierdie benadering in die landboukonteks berei studente voor vir die uitdagings en vereistes…
Die toekoms van beroepsopleiding
Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ‘n privaat, nie-winsgewende beroepsopleidingsinstelling wat deel vorm van die Solidariteit Beweging. Met ‘n aanvanklike groep van meer as 110 studente in 2023, bied die instelling ‘n unieke benadering tot opleiding wat studente blootstel aan ‘n plattelandse gevoel en ervaring…
Eerste daghuis bekendstelling
Ons het op 7 Junie 2023 ons eerste daghuis, Heldehuis, amptelik bekendgestel en die Heldehuis-skild onthul. Heldehuis is geskep om studente wat gebruik maak van private behuising buite BKO die geleentheid…