LOODGIETER
Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om as loodgieter aan die behoeftes en uitdagings van die huidige loodgieterindustrie te voldoen. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede om in verskeie omgewings koue- en warmwatertoevoerstelsels, dreinering-, riool- en reënwaterstelsels te installeer, te onderhou, te toets en te herstel.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Loodgieter, NKR-vlak 4, 360 krediete, SAQA ID: 91782
Toelatingvereistes
- Graad 12-kwalifikasie
- Goeie fisiese gesondheid
Modules
LEES EN INTERPRETASIE VAN BOUPLANNE
DIENSTE EN AANSLUITINGS
INSTALLERING VAN ALLE SANITÊRE GERIEWE
PLAATMETAALWERK (BYVOORBEELD GEUTE/VOEGSKORTING)
Riolering
BEROEPSgesondheid en -VEILIGHEID
BOUREGULASIES
Pypwerk
EN NOG MEER…
Opleidingsmodel
Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese, praktiesewerkswinkel- en werkgebaseerde opleiding, wat mekaar oor ‘n tydperk van drie jaar afwissel. Studente is verplig om alle teoretiese en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks tussen 08:00 en 09:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:30 duur. Tydens die teoretiese en praktiese blokke sal studente dus in Orania wees, waarná hulle hul werkgebaseerde opleidingsblokke landswyd by enige geregistreerde loodgieter kan verrig. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Gedurende die student se derde jaar, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.
VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL
VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL
HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:
- ventilasiestelsels en sanitêrewaretoestelle te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel;
- ondergrondse dreineringstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel, asook om basiese bouwerk te doen;
- koue- en warmwaterstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel;
- reënwaterstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Loodgieter in die residensiële, kommersiële en industriële omgewing
- Loodgieter in die bou- en konstruksiebedryf
- Voorman
- Projekbestuurder
- Lektor by ‘n opleidingsinstansie
- Eienaar van eie loodgietersbesigheid
Die registrasiefooi vir
eerstejaars vir die jaar is R2 700.
Die totale studiekoste vir
eerstejaars vir die jaar is R54 450.
* Kosteverhogings geskied jaarliks
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- REGISTRASIEFOOI
- TOELATINGSTOETS
- VERBLYFREG TOT ORANIA
MEDIAVERKLARING:Leer-My-Hoe-Proefplaasbekendstelling
Op 18 Oktober het Bo-Karoo Opleiding (BKO) ʼn groot tree in die rigting van volhoubare landbou-opleiding gegee, met die bekendstelling van die Leer-My-Hoe-Proefplaas…
BKO-alumni baan die weg na sukses
Bo-Karoo Opleiding (BKO) staan bekend as ’n baken van kennis en geleentheid. Die instelling stuur studente die wêreld in as onafhanklike en selfstandige ambassadeurs van Orania…
Landboustudente woon plaasveiligheidkursus by
Plaasveiligheid en die vaardighede wat daarmee saamgaan is deel van ons lansbougemeenskap se lewe in Suid-Afrika. Om seker te maak ons studente is ook op hierdie gebied toegerus…