LOODGIETER
Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om as loodgieter aan die behoeftes en uitdagings van die huidige loodgieterindustrie te voldoen. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede om in verskeie omgewings koue- en warmwatertoevoerstelsels, dreinering-, riool- en reënwaterstelsels te installeer, te onderhou, te toets en te herstel.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Loodgieter, NKR-vlak 4, 360 krediete, SAQA ID: 91782
Toelatingsvereistes
- Graad 12-kwalifikasie
- Goeie fisiese gesondheid
Modules
LEES EN INTERPRETASIE VAN BOUPLANNE
DIENSTE EN AANSLUITINGS
INSTALLERING VAN ALLE SANITÊRE GERIEWE
PLAATMETAALWERK (BYVOORBEELD GEUTE/VOEGSKORTING)
Riolering
BEROEPSgesondheid en -VEILIGHEID
BOUREGULASIES
Pypwerk
EN NOG MEER…
Opleidingsmodel
Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van 36 maande afwissel. Studente is verplig om die 18 maande teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks 08:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese vaardigheids fases sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by goedgekeurde loodgieter kan verrig vir die oorblywende 18 maande. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Gedurende die laaste vier maande van die student se werksplek ervaringstydperk, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.
VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL
VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL
HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:
- ventilasiestelsels en sanitêrewaretoestelle te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel;
- ondergrondse dreineringstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel, asook om basiese bouwerk te doen;
- koue- en warmwaterstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel;
- reënwaterstelsels te installeer, in stand te hou, te toets en te herstel.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Loodgieter in die residensiële, kommersiële en industriële omgewing
- Loodgieter in die bou- en konstruksiebedryf
- Voorman
- Projekbestuurder
- Lektor by ‘n opleidingsinstansie
- Eienaar van eie loodgietersbesigheid
Koste-uitleg vir 2027
-
Deposito van R 5000 is vooraf betaalbaar
-
18 maande teorie- en praktiese opleiding
-
Vaktoetsvoorbereiding is ingesluit
-
Vaktoetskostes is uitgesluit
-
Persoonlike beskermingstoerusting is uitgesluit
-
Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- DEPOSITO
- VERBLYFREG TOT ORANIA
- VOLTOOING VAN DIE REGISTRASIEPROSES




’n Nuwe era van groei: Bo-Karoo Opleiding vier historiese mylpaal
Hierdie maand skryf Bo-Karoo Opleiding (BKO) geskiedenis met ’n dubbele mylpaal wat ons posisie as ’n dinamiese, deurlopende drywer van beroepsgerigte uitnemendheid stewig vestig.
Wanneer ’n kampus ’n tuiste word: Terugblik op BKO se Opedag
Daar is ’n spesifieke soort energie wat losbreek wanneer mense met dieselfde waardes en drome op een plek saamkom.
10 hoogtepunte om na uit te sien by BKO-opedag, 12 en 13 Junie
Droom jy oor jou volgende stap ná skool? Dan is BKO se opedag op 12 en 13 Junie 2026 die ideale geleentheid om eerstehands te beleef wat die studentelewe én studeer in Orania alles bied.