Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Opedag 2026

Stel jy belang om meer te weet?

Skryf in

Bespreek 'n kampustoer

Opedag 2026

LOODGIETER

Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om as loodgieter aan die behoeftes en uitdagings van die huidige loodgieterindustrie te voldoen. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede om in verskeie omgewings koue- en warmwatertoevoerstelsels, dreinering-, riool- en reënwaterstelsels te installeer, te onderhou, te toets en te herstel.

Kwalifikasie

Toelatingsvereistes

Modules

LEES EN INTERPRETASIE VAN BOUPLANNE

DIENSTE EN AANSLUITINGS

INSTALLERING VAN ALLE SANITÊRE GERIEWE

PLAATMETAALWERK (BYVOORBEELD GEUTE/VOEGSKORTING)

Riolering

BEROEPSgesondheid en -VEILIGHEID

BOUREGULASIES

Pypwerk

EN NOG MEER…

Opleidingsmodel

Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van 36 maande afwissel. Studente is verplig om die 18 maande teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks 08:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese vaardigheids fases sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by goedgekeurde loodgieter kan verrig vir die oorblywende 18 maande. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.

Gedurende die laaste vier maande van die student se werksplek ervaringstydperk, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.

VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL

VAARDIGHEDE WAT JY SAL ONTWIKKEL

HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Die registrasiefooi vir

eerstejaars vir die jaar is R2 835.

Die totale studiekoste vir

eerstejaars vir die jaar is R58 262.

* Kosteverhogings geskied jaarliks

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Neem kennis!

BKO is verbind tot relevante en gehalte-opleiding wat in lyn is met nasionale vereistes. As deel hiervan is sekere programme tans in ’n oorgangsfase en word hersien volgens regulatoriese riglyne op instruksie van Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) en Quality Council For Trades & Occupations (QCTO). Voornemende studente kan egter gerus wees dat BKO deurlopend fokus op prakties en toepaslike opleiding wat aan bedryfsvereistes voldoen.

Inskrywings vir 2027: BKO aanvaar voorlopige aansoeke vir 2027 vanaf 1 Mei 2026. Let asseblief daarop dat finale bevestiging van inskrywings onderhewig is aan nasionale regulatoriese prosesse en die tydlyne vir die implementering van hersiene of alternatiewe kwalifikasies, indien van toepassing.

Kontak ons gerus indien jy enige verdere navrae het in hierdie verband.