
Bou- en Siviele Konstruksie
Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om die fundamentele aspekte van die bou- en konstruksiebedryf te verstaan, soos die voorbereiding van die bouterrein, materiaal, gereedskap en toerusting. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede vir die lê van verskeie stene, insluitend sierstene, pleisterstene, klip (gesnede en ongesnede) en blokstene. Hulle sal sub- en superstrukture kan oprig, herstel en/of veranderinge aanbring, asook messelwerkafwerkings kan uitvoer.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Messelaar, NKR-vlak 4, 361 krediete
Toelatingsvereistes
- Graad 10-kwalifikasie
- Minimum ouderdom van 18 jaar
- Goeie fisiese gesondheid
Modules
BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID
TEËL EN PLAVEISEL
LEES EN INTERPRETASIE VAN BOUPLANNE
MESSEL- EN PLEISTERWERK
OPRIGTING VAN DAKKE
BESTUUR VAN KONSTRUKSIEHULPBRONNE
EN NOG MEER…
Opleidingsmodel
Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van 36 maande afwissel. Studente is verplig om die 18 maande teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks 08:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese vaardigheids fases sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by goedgekeurde kontrakteurs kan verrig vir die oorblywende 18 maande. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Gedurende die laaste vier maande van die student se werksplek ervaringstydperk, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Messelaar in die residensiële, kommersiële en industriële omgewing
- Messelaar in die bou- en konstruksiebedryf
- Teler, verwer of pleisteraar
- Voorman
- Projekbestuurder
- Lektor by ‘n opleidingsinstansie
- Eienaar van eie eie konstruksiebesigheid

Die registrasiefooi vir
eerstejaars vir die jaar is R2 835.
Die totale studiekoste vir
eerstejaars vir die jaar is R52 179.
* Kosteverhogings geskied jaarliks

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- REGISTRASIEFOOI
- TOELATINGSTOETS
- VERBLYFREG TOT ORANIA




Michelle Rust neem bykomende rol as Programkoördineerder in Departement Landbou
Hierdie bykomende rol sluit aan by haar huidige posisie as lektor in die program en sal haar verantwoordelikhede uitbrei om die kursus se waardetoevoeging verder te verfyn.
BKO Lektor ‘n #JouYster-finalis!
Ons is trots om aan te kondig dat Reinhardt Coetzee, een van ons lektore in die Ambagsdepartement, as een van die 20 finaliste in die Solidariteit Ambagnetwerk se #JouYster-kompetisie aangewys is!
Doret Le Cornu skakel by BKO in
Ons is opgewonde om aan te kondig dat Doret Le Cornu, ‘n bekende gesig by BKO, by ons span aansluit as Intern: Studentesake en Bemarking.