Bou- en Siviele Konstruksie
Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om die fundamentele aspekte van die bou- en konstruksiebedryf te verstaan, soos die voorbereiding van die bouterrein, materiaal, gereedskap en toerusting. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede vir die lê van verskeie stene, insluitend sierstene, pleisterstene, klip (gesnede en ongesnede) en blokstene. Hulle sal sub- en superstrukture kan oprig, herstel en/of veranderinge aanbring, asook messelwerkafwerkings kan uitvoer.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Messelaar, NKR-vlak 4, 361 krediete
Toelatingsvereistes
- Graad 10-kwalifikasie
- Minimum ouderdom van 18 jaar
- Goeie fisiese gesondheid
Modules
BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID
TEËL EN PLAVEISEL
LEES EN INTERPRETASIE VAN BOUPLANNE
MESSEL- EN PLEISTERWERK
OPRIGTING VAN DAKKE
BESTUUR VAN KONSTRUKSIEHULPBRONNE
EN NOG MEER…
Opleidingsmodel
Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van 36 maande afwissel. Studente is verplig om die 18 maande teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks 08:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese vaardigheids fases sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by goedgekeurde kontrakteurs kan verrig vir die oorblywende 18 maande. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Gedurende die laaste vier maande van die student se werksplek ervaringstydperk, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.
POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS:
HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:
POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS:
HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:
- die terrein, materiaal, gereedskap en toerusting vir die lê van stene te beplan en daarvoor voor te berei;
- bakstene te lê;
- te teël en plavei;
- substrukture en superstrukture te herstel en/of veranderinge aan te bring;
- messelwerkafwerkings uit te voer;
- boumateriaal hoeveelhede te bepaal en te bestel;
- die vereiste gereedskap en toerusting te identifiseer, veilig te gebruik en te onderhou;
- die arbeid-, toerusting- en materiaalhulpbronne van ’n konstruksieprojek te bestuur.
Die registrasiefooi vir
eerstejaars vir die jaar is R2 835.
Die totale studiekoste vir
eerstejaars vir die jaar is R52 179.
* Kosteverhogings geskied jaarliks
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- REGISTRASIEFOOI
- TOELATINGSTOETS
- VERBLYFREG TOT ORANIA




’n Sterk uitbreiding vir Landbou by BKO: Dr. Ilse le Grange
Ilse bring ’n ryk akademiese agtergrond en uitgebreide ondervinding in onderrig en kurrikulumontwikkeling.
Baksteen vir baksteen bou ons vaardigheid: Die BKO Bou-uitdaging 2025
Die BKO Bou-uitdaging het op Saterdag, 11 Oktober by die Orania Karnaval plaasgevind – en die sement het behoorlik gevlieg! Vanjaar het nege spanne ingeskryf, elk bestaande uit ’n bouer en handlanger.
Welkom aan René Botha
René bring dekades van ervaring in administrasie en menslike hulpbronne saam.