Bou- en Siviele Konstruksie
Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om die fundamentele aspekte van die bou- en konstruksiebedryf te verstaan, soos die voorbereiding van die bouterrein, materiaal, gereedskap en toerusting. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede vir die lê van verskeie stene, insluitend sierstene, pleisterstene, klip(gesnede en ongesnede) en blokstene. Hulle sal sub- en superstrukture kan oprig, herstel en/of veranderinge aanbring, asook messelwerkafwerkings kan uitvoer.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Messelaar, NKR-vlak 4, 361 krediete, SAQA ID: 93627
Toelatingvereistes
- Graad 10-kwalifikasie
- Minimum ouderdom van 17 jaar
- Goeie fisiese gesondheid
Modules
BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID
TEËL EN PLAVEISEL
LEES EN INTERPRETASIE VAN BOUPLANNE
MESSEL- EN PLEISTERWERK
OPRIGTING VAN DAKKE
BESTUUR VAN KONSTRUKSIEHULPBRONNE
EN NOG MEER…
Opleidingsmodel
Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van drie jaar afwissel. Studente is verplig om alle teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks tussen 08:00 en 09:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese blokke sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by enige geregistreerde kontrakteur kan verrig. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Aan die einde van die student se derde jaar, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
Potensiële loopbane wat gevolg kan word:
- Messelaar in die residensiële, kommersiële en industriële omgewing
- Messelaar in die bou- en konstruksiebedryf
- Teler, verwer of pleisteraar
- Voorman
- Projekbestuurder
- Lektor by ‘n opleidingsinstansie
- Eienaar van eie eie konstruksiebesigheid
Die registrasiefooi vir
eerstejaars vir die jaar is R2 700.
Die totale studiekoste vir
eerstejaars vir die jaar is R49 225.
* Kosteverhogings geskied jaarliks
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- REGISTRASIEFOOI
- TOELATINGSTOETS
- VERBLYFREG TOT ORANIA
Landboustudente woon plaasveiligheidkursus by
Plaasveiligheid en die vaardighede wat daarmee saamgaan is deel van ons lansbougemeenskap se lewe in Suid-Afrika. Om seker te maak ons studente is ook op hierdie gebied toegerus…
Nuwe koshuisvoogde is vuur en vlam
Die koshuise, Die Duiker en Steenbok Herberg, het nuwe voogde verwelkom. Johan Scholtz (27) en Nadia Marais (25) sê hulle is opgewonde oor die uitdaging en sien uit om studente net so opgewonde te…
Noord-Kaap-streek bring nuwe lewe in landbou-opleiding
By Bo-Karoo Opleiding word daar gefokus op die gehalteopleiding en -opvoeding van studente. Hierdie benadering in die landboukonteks berei studente voor vir die uitdagings en vereistes…