Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Bou- en Siviele Konstruksie

Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om die fundamentele aspekte van die bou- en konstruksiebedryf te verstaan, soos die voorbereiding van die bouterrein, materiaal, gereedskap en toerusting. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede vir die lê van verskeie stene, insluitend sierstene, pleisterstene, klip(gesnede en ongesnede) en blokstene. Hulle sal sub- en superstrukture kan oprig, herstel en/of veranderinge aanbring, asook messelwerkafwerkings kan uitvoer.

Kwalifikasie

Toelatingvereistes

Modules

BEROEPSGESONDHEID EN          -VEILIGHEID

TEËL EN PLAVEISEL

LEES EN INTERPRETASIE VAN BOUPLANNE

MESSEL- EN PLEISTERWERK

OPRIGTING VAN DAKKE

BESTUUR VAN KONSTRUKSIEHULPBRONNE

EN NOG MEER…

Opleidingsmodel

Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van drie jaar afwissel. Studente is verplig om alle teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks tussen 08:00 en 09:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese blokke sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by enige geregistreerde kontrakteur kan verrig. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.

Aan die einde van die student se derde jaar, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Die registrasiefooi vir

eerstejaars vir die jaar is R2 700.

Die totale studiekoste vir

eerstejaars vir die jaar is R49 225.

* Kosteverhogings geskied jaarliks

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Eerste daghuis bekendstelling

Ons het op 7 Junie 2023 ons eerste daghuis, Heldehuis, amptelik bekendgestel en die Heldehuis-skild onthul. Heldehuis is geskep om studente wat gebruik maak van private behuising buite BKO die geleentheid…

Lees Meer »