Bou- en Siviele Konstruksie
Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om die kern beginsels van die bou- en konstruksiebedryf te verstaan, soos die voorbereiding van die bouterrein, materiaal, gereedskap en toerusting. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede vir die lê van verskeie stene, insluitend sierstene, pleisterstene, klip (gesnede en ongesnede) en blokstene. Hulle sal sub- en superstrukture kan oprig, herstel en/of veranderinge aanbring, asook messelwerkafwerkings kan uitvoer.
Kwalifikasie
- Beroepsertifikaat: Messelaar, NKR-vlak 4, 361 krediete, SAQA ID: 93627
Toelatingsvereistes
- Graad 10-kwalifikasie
- Minimum ouderdom van 18 jaar
- Goeie fisiese gesondheid
Modules
BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID
TEËL EN PLAVEISEL
LEES EN INTERPRETASIE VAN BOUPLANNE
MESSEL- EN PLEISTERWERK
OPRIGTING VAN DAKKE
BESTUUR VAN KONSTRUKSIEHULPBRONNE
EN NOG MEER…
Opleidingsmodel
Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van 36 maande afwissel. Studente is verplig om die 18 maande teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks 08:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese vaardigheids fases sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by goedgekeurde kontrakteurs kan verrig vir die oorblywende 18 maande. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.
Gedurende die laaste vier maande van die student se werksplek ervaringstydperk, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.
POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS:
HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:
POTENSIËLE WERKSGELEENTHEDE NÁ VOLTOOIING VAN DIE KURSUS:
HIERDIE KWALIFIKASIE STEL STUDENTE IN STAAT OM:
- die terrein, materiaal, gereedskap en toerusting vir die lê van stene te beplan en daarvoor voor te berei;
- bakstene te lê;
- te teël en plavei;
- substrukture en superstrukture te herstel en/of veranderinge aan te bring;
- messelwerkafwerkings uit te voer;
- boumateriaal hoeveelhede te bepaal en te bestel;
- die vereiste gereedskap en toerusting te identifiseer, veilig te gebruik en te onderhou;
- die arbeid-, toerusting- en materiaalhulpbronne van ’n konstruksieprojek te bestuur.
Koste-uitleg vir 2027
-
Deposito van R5 000 is vooraf betaalbaar
-
18 maande teorie- en praktiese opleiding
-
Vaktoetsvoorbereiding is ingesluit
-
Vaktoetskostes is uitgesluit
-
Persoonlike beskermingstoerusting is uitgesluit
-
Eerstejaarskampfooi van R1 800 is uitgesluit
Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.
- TOELATINGSVEREISTES
- DEPOSITO
- VERBLYFREG TOT ORANIA
- VOLTOOING VAN DIE REGISTRASIEPROSES
Hiér word die moue ook opgerol vir pret
By Bo-Karoo Opleiding word die mou nie net opgerol vir harde werk nie, maar ook vir pret. Deel van ’n student se ontwikkeling is ’n gesonde studentelewe. Die studentelewe by…
Personeellid strewe na uitnemendheid en ’n hartlike verwelkoming
In die hart van die Orania-gemeenskap het Karin de Klerk (33), ons nuwe ontvangsdame, haar plek gevind. Karin het skoonheidsterapie, spesifiek Health and Skin Care Therapy…
MEDIAVERKLARING:Leer-My-Hoe-Proefplaasbekendstelling
Op 18 Oktober het Bo-Karoo Opleiding (BKO) ʼn groot tree in die rigting van volhoubare landbou-opleiding gegee, met die bekendstelling van die Leer-My-Hoe-Proefplaas…