Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Studieaansoeke vir 2025 is oop!

Bou- en Siviele Konstruksie

Hierdie beroepsertifikaat stel studente in staat om die fundamentele aspekte van die bou- en konstruksiebedryf te verstaan, soos die voorbereiding van die bouterrein, materiaal, gereedskap en toerusting. Dit voorsien hulle met die nodige kennis en vaardighede vir die lê van verskeie stene, insluitend sierstene, pleisterstene, klip (gesnede en ongesnede) en blokstene. Hulle sal sub- en superstrukture kan oprig, herstel en/of veranderinge aanbring, asook messelwerkafwerkings kan uitvoer. 

Kwalifikasie

Toelatingsvereistes

Modules

BEROEPSGESONDHEID EN          -VEILIGHEID

TEËL EN PLAVEISEL

LEES EN INTERPRETASIE VAN BOUPLANNE

MESSEL- EN PLEISTERWERK

OPRIGTING VAN DAKKE

BESTUUR VAN KONSTRUKSIEHULPBRONNE

EN NOG MEER…

Opleidingsmodel

Opleiding geskied aaneenlopend in drie fases, nl. teoretiese-, praktiese vaardigheids- en werkservaringmodules, wat mekaar oor ‘n tydperk van 36 maande afwissel. Studente is verplig om die 18 maande teoretiese – en praktiese werkswinkelkontaksessies in Orania by te woon, waartydens die lektor die voorgeskrewe teorie met hulle behandel. Klasse neem daagliks 08:00 in aanvang en kan, met inbegrip van pouses en middagete, tot 16:00 duur. Tydens die teoretiese en praktiese vaardigheids fases sal studente in Orania wees, waarná hulle hul werkservaringmodules landswyd by goedgekeurde kontrakteurs kan verrig vir die oorblywende 18 maande. Klasse word in Afrikaans aangebied, maar die studiemateriaal word in Engels uitgereik.

Gedurende die laaste vier maande van die student se werksplek ervaringstydperk, sal hy/sy die geleentheid gebied word om voorbereiding vir sy/haar vaktoets te doen. Wanneer die student al die vereistes slaag gedurende die vaktoetsvoorbereiding, sal die vaktoetsaansoekproses begin.

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Potensiële loopbane wat gevolg kan word:

Die registrasiefooi vir

eerstejaars vir die jaar is R2 700.

Die totale studiekoste vir

eerstejaars vir die jaar is R49 225.

* Kosteverhogings geskied jaarliks

Die student se toelating tot BKO word bepaal deur vier faktore, nl.

Nuwe koshuisvoogde is vuur en vlam

Die koshuise, Die Duiker en Steenbok Herberg, het nuwe voogde verwelkom. Johan Scholtz (27) en Nadia Marais (25) sê hulle is opgewonde oor die uitdaging en sien uit om studente net so opgewonde te…

Lees Meer »