NUUS & GEBEURE

Welkom aan Frans Marx!
BKO is trots om Frans Marx as nuwe Lektor in Finansiële Bestuur en Rekenaarpraktyk in Departement Landbou aan boord te verwelkom.

Welkom aan Ruaan van Dyk!
Ons verwelkom met trots Ruaan van Dyk as die nuwe spanlid by BKO! Ruaan is aangestel in die pos van IT & Infrastruktuur koördineerder

Nuwe tegniese aanstelling by BKO
Bo-Karoo Opleiding (BKO) verwelkom graag mnr. Shawn Loggenberg in sy nuwe rol as Loodgieter lektor in Departement Ambagte op die Technika kampus.

Johan Kriek sluit aan by BKO as Lektor
Bo-Karoo Opleiding is trots om die aanstelling van Mnr. Johan Kriek as Lektor in die Landboudepartement aan te kondig.

BKO se administratiewe span groei met nuwe aanstelling
Bo-Karoo Opleiding (BKO) verwelkom met trots Mev. Cherika de Lange as Administratiewe Beampte vir Akademie. Sy sluit by die span aan met jare se ondervinding in administrasie en finansiële bestuur.

Studeer VKO by BKO
Wanneer jy ’n kind leer, verander jy ’n lewe. Wanneer jy ’n lewe verander, vorm jy die wêreld.