NUUS & GEBEURE

BKO is ses!
Wat kan werklik binne ses jaar gebeur? BAIE! Met agt gehalte kwalifikasies, 24 personeellede, 205 studente en verskeie planne in sy agtersak, lê daar ‘n hoopvolle toekoms vir elke student op die horison voor!

Klopdisselboom toekoms met loodgieter-kwalifikasie
BKO se beroepskwalifikasie as loodgieter bied meer as net die teorie in die handboek en hande vuil maak tydens die praktiese toepassing– dié kwalifikasie fokus op werksgereedheid en die bou van uitstekende vaardighede vir die wêreld van werk. Boonop bied die beroep verskeie moontlikhede!

BKO-studente geïnspireer deur Afriforum Jeug se Jeugkongres
Die tema van die kongres, “Jeugontwaking”, beklemtoon hoe die jeug ‘n kernrol speel in die bou van ’n hoopvolle, vreeslose toekoms vol geleenthede.

BKO skop 2025 af met rekordgetalle
Vir die eerste keer verwelkom BKO meer as 200 studente, waarvan die helfde eerstejaars is.

Michelle Rust neem bykomende rol as Programkoördineerder in Departement Landbou
Hierdie bykomende rol sluit aan by haar huidige posisie as lektor in die program en sal haar verantwoordelikhede uitbrei om die kursus se waardetoevoeging verder te verfyn.

BKO Lektor ‘n #JouYster-finalis!
Ons is trots om aan te kondig dat Reinhardt Coetzee, een van ons lektore in die Ambagsdepartement, as een van die 20 finaliste in die Solidariteit Ambagnetwerk se #JouYster-kompetisie aangewys is!