Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

Stel jy belang om meer te weet?

Studieaansoeke vir 2026 is oop!

NUUS & GEBEURE

‘n Stap in die regte rigting

“Bo-Karoo Opleiding het my ‘n tree nader aan my droom gebring,” sê Jeanine Struwig, ‘n trotse afgestudeerde student wat nou in Orania werk. “Die mense wat ek hier ontmoet het, die ervaring wat ek opgedoen het, en die kennis wat ek versamel het – dit was beslis die moeite werd!”

Lees meer »

Hoekom ‘n ambag doen?

Die keuse van ambagsopleiding is ‘n pad na persoonlike en ekonomiese groei.

In ‘n wêreld wat deur tegnologie en vinnige veranderinge gedryf word, is daar ‘n toenemende waardering en behoefte vir die kuns en vaardighede van goed opgeleide ambagslui . Hierdie eeueoue praktyk bied ‘n unieke geleentheid vir jongmense om ‘n loopbaan te kies wat kreatiwiteit, selfuitdrukking, en ekonomiese voordele kombineer.

Lees meer »

’n Dag in die lewe van ’n versorger

In die aande klim Carina vroeg in die bed, al wil sy eintlik gaan kuier. Sy moet maar, want tannie Marie het haar môre nodig by die tehuis. So sy stel agt alarms vir die volgende oggend. Sy slaap deur sewe en skrik wakker met die laaste klanke van die agtste alarm.

Lees meer »

BKO lei roepinggedrewe tuisversorgers vir hul loopbaan op

Die hart van ‘n gemeenskap word geken aan die hande en voete wat bereid is om te dien, veral die weerlose oumense en siekes onder hulle.

Om mense te versorg is ‘n roeping. Nie net moet jy die hart hê om dit te doen nie, maar die nodige kennis en vaardighede is ook krities belangrik om seker te maak dat uitstekende sorg verleen word.

Lees meer »